Pleasant Waters Lodge & Conference Venue
- Kapasiteit: 38 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: 83 Moss Road, Ocean View, Bluff, 4052, KwaZulu-Natal
- Vanaf R800 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Pleasant Waters Lodge & Conference Venue bied verblyf en ’n konferensiesaal op die Bluff in Suid Durban 20 km vanaf die middestad. Gaste het ’n keuse tussen selfsorg-, B&B- of B&B en aandete-opsies.
Die lodge is hoofsaaklik vir groep of sakereisigers wat verpligtinge in die area het. Hierdie instansie is nie geskik as 'n venue vir partytjies nie. Daar is ook oorgenoeg parkeerplek op die perseel.
Die instansie bied altesaam slaapplek aan 50 gaste. Die verblyf sluit 1 vierslaapkamer-woonstel met slaapplek vir 8, 4 Superieure Chalets, 3 Standaardchalets en 2 Sakpasslaapsale met slaapplek vir 6 tot 8 gaste in.
Die eenhede het elk ’n privaat ingang en ’n kombuisie of maak gebruik van ’n gemeenskaplike kombuis. Die eenhede het of ’n en suite-badkamer of maak gebruik van ’n aparte gemeenskaplike badkamer. Die eenhede het elk WiFi, ’n TV met sekere DStv-kanale en draagbare waaiers of die superieure chalets het lugversorging.
Ontbyt-, middagete- of aandetepakkies kan teen 'n ekstra koste voorsien word vir gaste wat nie self wil kosmaak nie. Die lodge het ook 'n gemeenskaplike eetarea en saal met 'n veerpyltjiebord en 'n snoekertafel, 'n sitkamer, swembad en braaigeriewe by 'n onthaalarea.
Daar is konferensiegeriewe en 'n venue vir sakereisigers. Veilige parkeerplek is ook beskikbaar.
Pleasant Waters is ideaal geleë binne 5 km vanaf Ansteys-strand, Bluff Nasionale Park Gholfbaan en Durban se suidelike hawe, en sowat 15 km vanaf uShaka Marine World en die Durbanse Internasionale Konvensiesentrum.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4/5
David Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 6
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- 83 Moss Road, Ocean View, Bluff, 4052, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Pleasant Waters Lodge & Conference Venue het ’n goeie ligging
- Kapasiteit: 38 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: 83 Moss Road, Ocean View, Bluff, 4052, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang