Plekkie by Die See
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 5 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 66 Berrio Avenue, Berrio Park 29, Kingsburgh, 4126, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 000 per nag (plek vir 5)
Beskrywing
Plekkie by Die See is 'n bekoorlike selfsorgkothuis in Kingsburgh. Die kothuis is op dieselfde perseel as die eienaar se woning geleë, maar bied 'n privaat ingang vir gaste. Dit is gerieflik naby die strand, winkels en restaurante geleë, wat dit 'n ideale keuse maak vir 'n ontspannende kuswegbreek.
Hierdie huis bied slaapplek vir 5 gaste en bestaan uit 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en het 'n en suite-stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en daar is 'n enkelslaapbank. Hulle deel die gebruik van die gastebadkamer met 'n bad, wasbak en toilet.
Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe, en beskik oor 'n ontbyt-eilandhoekie met stoele. Dit strek tot by die sitkamer met gemaklike rusbanke en 'n TV. Gratis WiFi is beskikbaar. Daarbenewens is daar ook 'n kisvrieskas, wasmasjien, tuimeldroër en skottelgoedwasser vir gaste se gerief.
Die eiendom het 'n lieflike agterplaas met buitesitplek en 'n sprankelende swembad. Gaste het toegang tot veilige parkering op die perseel.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Leefarea
1 x Enkelslaapbank
Badkamer
Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Melanie Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 10 maande
Ligging
- 66 Berrio Avenue, Berrio Park 29, Kingsburgh, 4126, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Plekkie by Die See het ’n baie goeie ligging
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 5 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 66 Berrio Avenue, Berrio Park 29, Kingsburgh, 4126, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang