Plekkie by See
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 23 Langdown Street, Plettenberg Bay, 6600, Wes-Kaap
- Vanaf R800 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Plekkie by See is 'n lieflike selfsorgvakansiewoonstel met 'n privaat ingang op die eienaar se eiendom wat in die hartjie van Plettenbergbaai geleë is. Dit is 'n goeie opsie vir 'n paartjie of 'n klein gesin wat die area wil verken.
Dié woonstel bied gerieflike slaapplek vir 2 volwassenes op 'n slag en beskik oor 'n slaapkamer met 'n badkamer. Die slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en die badkamer is toegerus met 'n stort, wasbak en toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskassie, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. Vanuit hierdie kombuis lei 'n sitkamer met gemaklike sitplek en 'n TV met Netflix. Gaste is welkom om by hul eie rekening aan te meld. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.
Buite is 'n privaat patio met sitplek en braaigeriewe. Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel. Die ligging van hierdie eiendom is ongeveer 2 km vanaf die naaste strand en is ook naby 'n hospitaal.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.4/5
Anneke Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 11 maande
Ligging
- 23 Langdown Street, Plettenberg Bay, 6600, Wes-Kaap
- Gaste dink Plekkie by See het ’n goeie ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 23 Langdown Street, Plettenberg Bay, 6600, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang