Successfully reported
+63

Plottie

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 10 Nerina Road, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Vanaf R800 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Plottie is 'n ruim vakansiehuis in Struisbaai wat selfsorgverblyf bied wat stapafstand van die skilderagtige hawe, strand en winkels af geleë is.

Plottie het twee aparte eenhede. Die hoofhuis en 'n eenslaapkamerwoonstel met 'n privaat ingang en agterplaas.

Die huis se hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed. Die tweede slaapkamer het 2 stapelbeddens. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Beddegoed word voorsien, maar gaste moet hul eie handdoeke saambring.

Die huis se leefarea en kombuis is oopplan en die kombuis is met 'n oond, mikrogolf, skottelgoedwasser, ketel, broodrooster, vollengte yskas, vollengte vrieskas en 'n groot diepvrieskas toegerus.

Die huis het 'n tweeplaatgasstoof as alternatief tydens beurtkrag. Die ligte in die hoofleefareas is aan 'n ononderbroke kragtoevoerstelsel gekoppel en 'n draagbare herlaaibare lig word voorsien. Die huis het 'n TV met DStv en WiFi wat aan die UPS gekoppel is. Die leefarea het 'n lekker kaggel.

Die huis het 'n binnehof met 'n onderdakbraai-area. 'n Braairooster en eetgerei word voorsien.

Die woonstel se hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Die woonstel het ook 'n stapelbed in die leefarea. Beddegoed word voorsien, maar gaste moet hul eie handdoeke saambring.

Die woonstel se leefarea en kombuis is oopplan en die kombuis is met 'n tweeplaatgasstoof, mikrogolfoond, ketel, broodrooster en yskas/vrieskas toegerus.

Die ligte in die woonstel sluit noodbeligting tydens beurtkrag in en 'n draagbare herlaaibare lig word voorsien. Die woonstel het 'n slim-TV en WiFi wat aan die UPS gekoppel is.

Die woonstel het 'n braai-area met skadu in die ruim agterplaas. 'n Braairooster en eetgerei word voorsien.

Parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Die verblyf is 4 km vanaf Kaap Agulhas geleë, wat die mees suidelike punt van die Afrika-kontinent is. Dit is ongeveer 250 m vanaf die strand, 750 m vanaf die hawe en 1300 m vanaf die winkels en hoofswemstrand.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 75 resensies

Baie goed

Netheid
4.1
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.5
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Louis C
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker naby die see en veilige en rustige omgewing. Die erf is 'n lekker ruim verblyfplek, gerieflik en binne stapafstand van die see. Ons was dr...
Sien meer
Jul 2025
Geoff T
Saam met lewensmaat
5.0
Cutlery and crockery superb, TV and WiFi. Comfortable, nice neighbour, close to beaches, good walks to two beaches and to the harbour.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2025
Jackquin B
Gesin met tieners
5.0
Rustig, waarde vir geld. Goeie ligging en ontvangs. Stil en rustig, mooi uitsig oor die see.
Apr 2025
Linda F
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker gekuier. Netjies en veilige woonstel. Stapafstand van die see. Ons het heerlik gekuier, sal weer kom. Dankie vir jou gasvryheid.
Aug 2024
Shaun K
5.0
Baie goeie waarde vir geld. Andre is 'n baie vriendelike en behulpsame gasheer. Baie lekker gebly, dankie.
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

André Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 75

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • 10 Nerina Road, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Gaste dink Plottie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 800
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 800
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 800
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 10 Nerina Road, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA780bf6d12c6d4b138b73ad15463dbace62ebc0f92f64e5a373c3dec27efda95f444b012e6975ea287dbc66c94c1d67ad66f6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag, vir 2 mense 75 5 1 5 10 Nerina Road Struisbaai 7285 Wes-Kaap 021 201 8901 16:00-23:00 10:00 -34.804104 20.0609

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang