Poinsettia Family Cottage
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R40, Farm Burgershall, Hazyview, 1242, Mpumalanga
- Vanaf R3 850 per nag (plek vir 6)
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Poinsettia Family Cottage is op 'n werkende piesangplaas in die Burgershall-omgewing geleë. Die plaas is net 13 km buite Hazyview en 23 km vanaf die Krugerwildtuin Phabeni-hek.
Die kothuis beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed. Die tweede en derde slaapkamers is elk ingerig met 2 enkelbeddens. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort en die tweede gedeelde badkamer het 'n stort. Alle beddens is met wit linne gedrapeer en handdoeke word voorsien.
Die kombuis is volledig toegerus en bevat 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, 'n stoof en oond, 'n skottelgoedwasser en ingeboude kaste.
Die sitkamer het gemaklike leerbanke en 'n TV met sekere DStv-kanale. Daar is 'n eetarea met 'n 6-sitplek eetkamertafel. Die kothuis het 'n stoep met braaigeriewe, waar 'n mens lieflike uitsigte oor die omliggende plaas kan bewonder.
Kamer-opset
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Ulani Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 45
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- R40, Farm Burgershall, Hazyview, 1242, Mpumalanga
- Gaste dink Poinsettia Family Cottage het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R40, Farm Burgershall, Hazyview, 1242, Mpumalanga
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang