Successfully reported
+32

Poplier Huis

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Geen kinders onder 2
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 17 Buitekant Street, Greyton, 7233, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 540 per nag, vir 8 mense

Beskrywing

Poplier Huis bied verblyf in die Overberg dorpie Greyton, aan die voet van die pragtige Riversonderend Berg Natuurreservaat.

Dié huis het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers en 'n oopplan-kombuis en leefarea. Die eerste 2 slaapkamers het 'n koningingrootte-bed, en die ander 2 slaapkamers het 2 enkelbeddens. Een van die slaapkamers met 2 enkelbeddens is op die grondverdieping vir diegene wat trappe wil vermy.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en 'n Nespresso vir koffie. Die eetarea het 'n eetkamertafel met sitplek vir 10 en die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel, 'n slim-TV met OpenView en 'n kaggel. WiFi en internet is ook beskikbaar.

Die leefarea lei na 'n lieflike stoep met buitemeubels en braaigeriewe. Die stoep bied 'n uitsig oor die groot omheinde tuin.

Daar is parkeerplek op die perseel vir 3 voertuie en daar is plek vir fietse in die motorhuis.

Die naam van die huis is afgelei van die huis se kenmerkende soliede populier houtbalke wat gebruik is om die plafon te bou. Daar is 'n ingeboude trap wat na die boonste verdieping lei.

Kamer-opset

4 Slaapkamers 4 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Lugversorging
Verwarmer
Volledige kombuis
Stroomdienste
Kaggel
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 35 resensies

Baie goed

Netheid
4.4
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.4
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Irena W
Saam met vriende
5.0
Great weekend in Greyton. Fantastic! It was a wonderful, relaxing time away.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2025
Janine G
Saam met lewensmaat
5.0
Fabulous house! Fabulous stay! Fabulous location! We've been warmly welcomed by Thomas! The house was clean and fresh and aired on arri...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2025
Dale W
Saam met vriende
5.0
Wonderful stay. Had a great time. Everything you need is available in the house.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2025
Marietjie B
Saam met vriende
5.0
Heerlike naweek saam met vriende. Sal Greyton beslis weer besoek. Baie gerieflike huis.
Nov 2024
Bronwyn K
Saam met vriende
5.0
We loved the house, its location, the space and all the amenities! The only suggestion would be to remove the wood that is under the ma...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Craig Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 50

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • 17 Buitekant Street, Greyton, 7233, Wes-Kaap
  • Gaste dink Poplier Huis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 3 540
per nag, vir 8 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 3 540
per nag, vir 8 mense
Vanaf
R 3 540
per nag, vir 8 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Geen kinders onder 2
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 17 Buitekant Street, Greyton, 7233, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAde8ec5e4de65050968946f9b50d91829834bc6f4fe6f04ed42d25fe5b14e1dd40b3e6b888bc16c459f4db3c50108955d198b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 540 per nag, vir 8 mense 35 5 1 5 17 Buitekant Street Greyton 7233 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -34.054975766859 19.604494486262
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang