Pro Monis Guesthouse
- Kapasiteit: 8 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 5 Alphen Close, Marina da Gama, Cape Town, 7945, Wes-Kaap
- Vanaf R950 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Pro Monis Guesthouse is in Marina da Gama naby Muizenberg en die Zandvlei Estuary Natuurreservaat. Dis ook stapafstand vanaf die Park Island-voëlbewarea. Winkels soos Pick n Pay en Woolworths is stapafstand van die gastehuis af. Die gewilde Muizenberg-strand met talle restaurante en plekke waar besoekers branderplanklesse kan kry is 2 tot 3 minute se ry weg. Die gastehuis is ook naby die Amerikaanse Ambassade.
Die gastehuis met sonkrag bied verblyf in 3 selfsorg-gastesuites. Mountain View 1 bied slaapplek aan 4 gaste en Mountain View 2 en 3 bied elk slaapplek aan 2 gaste. Elke suite het lugversorging, 'n en suite-badkamer met 'n stort, platskerm-TV met sekere satellietkanale en gratis WiFi.
Mountain View 1 en 2 het elk 'n kombuisie met 'n yskassie, mikrogolfoond, induksieplaat, ketel, broodrooster, 'n wasbak en 'n etenstafel met stoele. Mountain View 3 het 'n yskas, mikrogolf en 'n ketel. Veilige parkeerplek is voor die perseel beskikbaar.
Dis die ideale basis waarvandaan gaste Kaapstad en die Wynlande kan verken. Gaste kan die vrede en rustigheid van die marina geniet en op Park-eiland gaan wandel.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Trevor Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 50
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- 5 Alphen Close, Marina da Gama, Cape Town, 7945, Wes-Kaap
- Gaste dink Pro Monis Guesthouse het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 8 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 5 Alphen Close, Marina da Gama, Cape Town, 7945, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang