Successfully reported
+27

Providence

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
    4 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 938 Fascadale Road, Ramsgate, , 4285, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R950 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Providence is in die skilderagtige kusdorpie Ramsgate aan die Hibiscus Suidkus. Dit is 'n heerlike selfsorgwoonstel met 'n asemrowende uitsig oor die see, strandmeer en welige groen natuurskoon.

Dié ruim eenheid op die derde verdieping beskik oor 2 slaapkamers en bied slaapplek aan 6 gaste. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en toegang tot 'n aparte badkamer met 'n stort, wasbak en toilet.

Die gemaklike leefarea het 'n slaapbank vir 2 kinders en 'n TV. Die kombuis is met 'n yskas, stoof/oond en mikrogolfoond, en 'n wasmasjien toegerus. Die eenheid beskik ook oor 'n balkon met 'n pragtige see-uitsig en gasbraaigeriewe.

Geriewe by Providence sluit 'n gemeenskaplike swembad, klubhuis en kuierarea met lapas, 'n kinderspeelarea en braaigeriewe in. Die eenheid beskik oor 'n toesluitmotorhuis en 'n motorafdak vir veilige parkeerplek. Dit is naby die ikoniese Waffle House, gewilde restaurante, winkels en die vernaamste Blouvlagstrand. Butterfly Valley, 'n wonderlike skoenlapperplaas, is ook naby om die hele gesin te vermaak.

Neem asseblief kennis dat hierdie verblyf 'n gesinsgeoriënteerde omgewing is. Dit is nie geskik vir partytjies of funksies nie en die kompleksreëls moet nagekom word.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 1 Leefarea 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Bad, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Leefarea

2

2 x Kinderbed vir 1

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
Braai

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Anton Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 20

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • 938 Fascadale Road, Ramsgate, , 4285, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 950
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 950
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R 950
per nag (plek vir 6)
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
    4 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 938 Fascadale Road, Ramsgate, , 4285, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0d7bea36a116fda91bfb852a75b8dc61e2a244168939b5a40cf80724905a0f23aa791ef7df95045f0a1310c45a6cf91a028e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag (plek vir 6) 938 Fascadale Road Ramsgate 4285 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.888598632871 30.34446755145

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang