Successfully reported

PurePlaas

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 26 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Izabel L
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2025

Rustige verblyf. Baie goed ingerig. Interessante dekor. Netjies en skoon. Vriendelike gasvrou.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Sonja
PurePlaas
Izabel, baie dankie vir die resensie. Ons waardeer die positiewe terugvoer. PurePlaas groete Johan en Sonja

Antionette E
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Des 2024

Was heerlik, rustig en veilig. Dit was bo verwagting. Ons is hartlik ontvang deur Sonja. Sy het ons alles gewys en verduidelik. Daar was 'n heerlike verwelkomingsgeskenk. Jy het letterlik net nodig om klere saam te neem. Daar is aan alles in die fynste detail gedink. Koffie, melk, suiker, toiletware, tot 'n 'sewing kit' vir 'n onverwagse los naat. En dan die heerlike beskuit vir die oggendkoffie op die stoep terwyl ons die volstruise en springbokkies dopgehou het. Die rustigheid op die plaas is onbeskryflik. Die 2 familiehonde is so vriendelik, en het ons in gewag met swaaiende sterte. Sal enige tyd weer daar tuisgaan as ons Oudtshoorn toe gaan.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Sonja
PurePlaas
Antoinette, baie dankie vir jou volledige resensie. Ons is bly dat julle die week by PurePlaas geniet het en ook die tyd gebruik het om ons mooi omgewing te explore. Julle is baie welkom om weer hier by ons in die Klein Karoo te kom kuier. Mooi 2025 vir julle. PurePlaas groete Johan en Sonja

Miems V
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2024

Ons het laat daar gekom en is vroeg weer weg - so ons het dus net geslaap . Aangesien my man die Prince George fietsren gery het, was Pure Plaas vir ons 200% op die regte 'spot' - slegs 2 km van die weg spring. Ons het heerlik geslaap en is gasvry. Ons het sommer dadelik 'TUIS' gevoel toe ons daar kom.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Sonja
PurePlaas
Dankie vir die resensie Miems. Ons is bly as julle tuis gevoel het en hoop om julle volgende jaar weer te sien vir die Prince George Fietsren. PurePlaas groete Johan en Sonja

Gerrit V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.6
Okt 2025

Vriendelik ontvang. Baie bederfies. Plek goed toegerus. Sal weer gaan. Lekker gebly. Vriendelik ontvang. Gasvrou het ook bederfies voorgesit. Plek lekker ruim en toegerus met alles wat nodig is.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0
Sonja
PurePlaas
Gerrit, dankie vir die resensie. Ons is bly as julle lekker gebly het by PurePlaas. PurePlaas groete, Johan en Sonja

Riaan J
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.6
Mrt 2025

Rustig plaas. Lekker rustig by die plaas, met springbokke wat net 'n paar meter weg was. Dis net een vertrek met 'n toilet apart, maar baie groot.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Sonja
PurePlaas
Baie dankie vir die terugvoer. Ons waardeer dit. PurePlaas groete

Arno M
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Okt 2024

Fantastiese plek vir 'n rustige naweek. Baie mooi, skoon en netjies.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Sonja
PurePlaas
Arno, baie dankie vir die resensie. Ons waardeer dit baie. PurePlaas groete Johan en Sonja

Hendri R
1 nag Saam met lewensmaat
4.8
Des 2024

Waarlik pure plaas @ Pure Plaas. Dit is net wat dit sê: "Pure plaas." Pragtige uitsig oor die Karoo-landskap. Springbokkamp reg voor die huis en volstruise aan jou linkerhand. Vriendelike gashere en goed toegeruste eenheid.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Sonja
PurePlaas
Hendri, baie dankie vir die resensie. Ons is bly as julle die plaasgevoel en Karoo-landskap ervaar het. PurePlaas groete Johan en Sonja

Johnny B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.6
Mrt 2024

Rustig en stil. PurePlaas is werklik 'n rustige wegbreekplekkie. Ons het dit geniet en sal weer daar gaan bly.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Sonja
PurePlaas
Johnny, baie dankie vir die resensie. Ons is bly as julle dit geniet het. Kom gerus weer vir 'n wegbreek in die Klein Karoo. PurePlaas groete Johan en Sonja

Gerhard J
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Des 2023

Bakgat, rustig en salig. Baie baie lekker - die mense is gasvry. Alles wat mens benodig is daar, selfs braaihout. Was die hoogtepunt van al 7 plekke wat ons besoek het in Desember '23.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Sonja
PurePlaas
Gerrie, baie dankie vir julle resensie. Ons waardeer dit opreg. Dit Klein Karoo is altyd spesiaal om te besoek en ons is baie bly dat PurePlaas Selfsorg vir julle 'n hoogtepunt was. Voorspoed vir 2024. PurePlaas groete, Johan en Sonja.

Liza B
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Jul 2023

Verwelkomend en baie gerieflik. Johan en Sonja doen soveel moeite om jou tuis te laat voel. Hulle voorsien alles wat jy nodig het en al die klein 'attention to detail' was daar soos die sherry op 'n koue wintersdag en die bordjie heerlike eetgoed. Fasiliteite was skoon en baie gemaklik en die elektriese kombers was net reg vir 'n koue aand.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Sonja
PurePlaas
Liza, baie dankie vir jou resensie. Ons is bly as julle die tydjie by PurePlaas geniet het en die Klein Karoo gasvryheid ervaar het. Dit is ons plesier om vir gaste aangename en gerieflike verblyf te bied. PurePlaas Groete Johan en Sonja

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Sonja Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 26

Op LekkeSlaap 5 jaar

Vanaf
R 950
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 950
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 950
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Off the R328, Volmoed, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4322406517e27b8555428754cedea83545d59e9d4f6db18594bdd19af4c294270193a6d8cbaab8b4394250e3764134e023c7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag (plek vir 2) 26 5 1 5 Off the R328 Volmoed 6620 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.658774839586 22.102288182881

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang