Successfully reported
+16

Quatermain's 1920's Safari Camp

Wildsplaas
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 13:00 tot 14:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Carnarvon Dale, Amakhala Game Reserve, Paterson, 6130, Oos-Kaap
  • Vanaf R13 892 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Quatermain's Camp is in ’n afgelee vallei in die luisterryke Amakhala Wildreservaat. Quatermain's 1920's Safarikamp vergestalt die oorspronklike safari-ervaring. Hierdie klassieke 1920-styl eskpidisiekamp is geskoei op die bloeityd van verkenning, daardie goue era toe daar 'n avontuur om elke hoek en draai gewag het.

Die 3 tente het militêre afwerkings. Die tente het elk 2 enkelbeddens of ’n dubbelbed en ’n en suite-badkamer met ’n stort, ’n klerekas en ’n onderdakdek met koloniale stoele en ’n tafel.

Ontspan lekker in die sentrale boma en kyk hoe plaaslike lekkernye op die oop vuur voorberei word, en smul dan daaraan onder die sterre. Ons het alles in ons vermoë gedoen om 'n outentieke ervaring te bied, al wat anders is aan ons akkommodasie is die rustieke badkamers en 'n paar moderne geriewe. Gaste kan Groot 5-safari's ervaar met die opsie vir stap-safari's en safari's vir voëlkykers.

In die Groot 5 areas moet gaste uitkyk vir die olifant, wit- en swartrenosters, luiperds, buffels, leeus, hiënas, jagluiperds. sebras, kameelperde en verskillende boksoorte. Ons sien ook daarna uit om jou bekend te stel aan die kleiner lede van hierdie ekosisteem en die plante en die voëls.

Gaste het ook toegang tot 'n houtvuur-warmbad en 'n plonspoel buite die tente.

Indien gaste by Quatermain's 1920's Safari Camp bespreek vir 3 nagte of meer sal hulle nou die opsionele geleentheid hê om een van die nagte in die kamp te verruil vir 'n dag waartydens hulle te voet die prag van die bosveld kan verken en die nag in die Groot 5-gebied in 'n afgesonderde grot kan spandeer. Dit is 'n avontuur wat wild- en natuurliefhebbers nie moet misloop nie.

Gaste sal saam met 'n gekwalifiseerde stapgids 'n bosveldstaptog oor die pragtige Amakhala Wildreservaat aandurf en die nag in 'n toegeruste grot deurbring met 'n uitsig oor die Boesmansriviervallei. Smaaklike bosveldkos sal voorberei word terwyl gaste die uitsig geniet en lekker ontspan. Gaste sal te voet deur 5 moontlike biome van ongerepte Groot 5-wildgebied in die Oos-Kaap stap. Daar is geen ekstra koste vir hierdie aktiwiteit nie.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Bosstaproete
Wildritte
Swembad
Alle maaltye beskikbaar
Ontbyt beskikbaar

Ligging

  • Carnarvon Dale, Amakhala Game Reserve, Paterson, 6130, Oos-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 13 892
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 13 892
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 13 892
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 volwassenes
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 13:00 tot 14:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Carnarvon Dale, Amakhala Game Reserve, Paterson, 6130, Oos-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4937dcaff50b28baa6a0808fbaadfeb41d095bf73bf4e89e404a5534f2d9a90a5c258ad44a0203333e0c7c58e3856c2f0b04?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R13 892 per nag, vir 2 mense Carnarvon Dale Amakhala Game Reserve 6130 Oos-Kaap 021 201 8901 13:00-14:00 11:00 -33.562997 26.146418
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang