Qwantani
Kry 15% af op alle besprekings wat 2 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 312 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 598 Craigielea Farm, Sterkfontein Dam, Harrismith, 9880, Vrystaat
-
Vanaf
R3 898R3 313 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Qwantani is aan die oewer van die Sterkfonteindam geleë, ongeveer 43 km van Harrismith af.
Die verblyf word aangebied in 53 luukse selfsorg-chalets met slaapplek vir 6 en al die nodige geriewe met ongelooflike uitsigte op die dam. Geriewe sluit 2 badkamers, 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n kaggel, privaat-braai en 'n goed toegeruste kombuis met 'n mikrogolfoond en 'n oond in. Die chalets word daagliks skoongemaak, behalwe op Sondae en openbare vakansiedae.
Qwantani is een van min oorde in Suid-Afrika wat troeteldiervriendelik is. Bo en behalwe die asemrowende omgewing, bied hierdie oord 'n groot verskeidenheid geriewe op die perseel, soos 'n biblioteek, buitelug-skaak, 'n swembad, muurbal, tennis, mini-gholf, perdry en 'n hele rits watersportsoorte. Indien die weer dit toelaat kan daaglikse bootritte op die trekskuit, Emmi, gereël word en daar is deurlopend vermaak-programme vir die jongspan.
Gaste kan hulself verlustig in die kos wat by die Martial Eagle Restaurant voorgesit word, hulle bied daagliks à la carte en vaste spyskaarte. Daar is ook 'n puik konferensie- en trou-venue beskikbaar.
Omdat Qwantani op die oewer van die Sterkfonteindam, binne-in die Natuurreservaat, geleë is, is daar oorgenoeg geleentheid om hierdie asemrowende streek te verken.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.3/5
First
Reservations ...
Eiendomme 29
Resensies 912
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- 598 Craigielea Farm, Sterkfontein Dam, Harrismith, 9880, Vrystaat
- Gaste dink Qwantani het ’n goeie ligging
- Kapasiteit: 312 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 598 Craigielea Farm, Sterkfontein Dam, Harrismith, 9880, Vrystaat
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang