Raapfontein Self-catering and Camp
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 32 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Farm Raapfontein, Off the R389, Hanover, 7005, Noord-Kaap
- Vanaf R360 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Raapfontein Selfsorg is op 'n plaas net 17 km vanaf Hanover geleë en bied verblyf met lieflike uitsigte oor die Karoo.
Die dubbelverdiepinghuis beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die kamer op die grondvloer is ingerig met 'n dubbelbed asook 2 enkelbeddens. Die kamer op die boonste verdieping is ook ingerig met 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens. Die kamers deel die gebruik van 'n badkamer met 'n stort, asook 'n aparte toilet op die tweede verdieping.
Die oopplan-leefarea bestaan uit 'n kombuis wat toegerus is met 'n yskas, 'n tweeplaatstoof, oond en mikrogolfoond, 'n eetarea en 'n sitkamer. Onderdakbraaigeriewe is beskikbaar, asook onderdakparkeerplek.
Raapfontein Kampplek is groot genoeg om 4 groepe van 4 mense per staanplek te akkommodeer. Slaan jou eie kamp op onder die volwasse bome en geniet die sterre saans langs jou kampvuur.
Die ablusie het twee stortkamers en twee aparte toilette asook 'n oop opwasarea. Daar is 'n wasarea wat oor die karoovlakte uitkyk. 'n Gasgeiser verskaf warm water en daar is Eskom-elektrisiteit.
Saffier is 'n toegeruste selfsorgwoonwa met 'n privaat stoep, opwasarea en braai. Die karavaan het 'n 2-plaat gasstoof en gas yskas.
Daar is 2 dubbelbeddens en 2 volwassenes en 2 kinders of 3 volwassenes kan gemaklik hier slaap.
Gaste wat hier slaap deel die ablusie met die kampplek. Indien privaat ablusie verkies word, kan dit vooraf aangevra word teen 'n ekstra koste, onderhewig aan beskikbaarheid.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Linmarie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 33
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Farm Raapfontein, Off the R389, Hanover, 7005, Noord-Kaap
- Gaste dink Raapfontein Self-catering and Camp het ’n baie goeie ligging
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 32 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Farm Raapfontein, Off the R389, Hanover, 7005, Noord-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang