R&E Good Vibes
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 2 Wyngaardt Link, Ocean View, Cape Town, 7975, Wes-Kaap
- Vanaf R2 500 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
R&E Good Vibes bied gerieflike selfsorgverblyf in die hartjie van Ocean View, Kaapstad. Dit bied 'n see-uitsig in die verte asook 'n swembad op die perseel waar gaste kan afkoel op daardie warm somersdae in die Moederstad.
Dié eiendom bied slaapplek vir altesaam 6 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Al 3 slaapkamers is ingerig met 'n dubbelbed wat toegerus is met kwaliteit linne. 'n Stort is in die eerste badkamer beskikbaar, terwyl die tweede badkamer met 'n bad en 'n stort toegerus is. Gaste moet hul eie handdoeke saambring.
Die leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Van die kombuis af lei 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Die sitkamer het gemaklike sitplek waar gaste kan ontspan.
Hierdie sitkamer maak oop op 'n sonnige omheinde patio met bykomende sitplek asook 'n ingeboude braai. Buite is daar 'n lowergroen tuin met sonstoele en 'n swembad. Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Ermenfried Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 8
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- 2 Wyngaardt Link, Ocean View, Cape Town, 7975, Wes-Kaap
- Gaste dink R&E Good Vibes het ’n goeie ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 2 Wyngaardt Link, Ocean View, Cape Town, 7975, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang