Successfully reported
+17

Rendezvous

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 20 Coetzer Crescent, Rivers Bend, Bushmans River, 6190, Oos-Kaap
  • Vanaf R1 950 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Rendezvous is 'n moderne selfsorg-vakansiewoonstel aan die oewer van die Boesmansrivier in 'n stil keeromstraat. Die woonstel is op die onderste verdieping van 'n dubbelverdiepinghuis en het 'n privaat ingang. Die woonstel is heeltemal apart van die boonste verdieping en het die eksklusiewe gebruik van die onderste dekke wat die uitkykdek insluit. Aangesien dié huis die eienaar se vakansiehuis is, is die eienaars by tye woonagtig in die boonste eenheid. Ten spyte hiervan bly die onderste verdieping heeltemal privaat vanweë die luike wat op die boonste uitkykdek geïnstalleer is.

Die woonstel het slaapplek vir 8 gaste (ideaal 4 volwassenes en 4 kinders) en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en daar is 2 stapelbeddens in die leefarea. Die een badkamer het 'n bad en 'n stort, en die ander het net 'n stort. Badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.

Die eenheid is ten volle toegerus en het al die nodige beddegoed, breekware, eetgerei en kookgeriewe. Kookgeriewe sluit 'n mikrogolfoond, 2 induksiestoofplate, 'n konveksieoond, lugbraaier. 'n kisvrieskas, 'n pizza-steen wat op die gasbraai gebruik kan word, 'n elektriese braaipan en 'n toebroodjierooster in. 'n Wasmasjien word ook voorsien.

Daar is DStv Now en Netflix in die eenheid beskikbaar. WiFi is teen ekstra koste beskikbaar.

Die buitenste dekarea word onder slot en grendel gehou en word op eie risiko gebruik. Vir ekstra veiligheid is daar 'n hekkie op die paadjie wat na die uitkykdek lei.

Daar is parkeerplek op die perseel vir 2 voertuie of 'n voertuig en 'n boot. Die eenheid het 'n 24 uur gewapende reaksiediens.

Troeteldiere word nie toegelaat nie, asook nie draagbare braai's nie aangesien oop vure nie toegelaat word nie.

Boesmansrivier het oorgenoeg plek om te verken soos die Boesmansriviermonding met sy prag-sonsondergange en skouspelagtige uitsigte oor die kuslyn. Gaste kan ook 'n staptog by die Joan Muirhead Natuurreservaat geniet.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 1 Leefarea 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Leefarea

4

2 x Stapelbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Mooi uitsig
TV
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 37 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Craig B
Saam met vriende
5.0
Beautiful views and peaceful. The holiday home is super clean and lovely decorated. The house has everything you need and more.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2025
Jonathan L
Gesin met klein kinders
5.0
Special home with spectacular views. Very special home, perfect for a family. The views from the deck are spectacular! The house is cle...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2025
Yolanda V
Saam met lewensmaat
5.0
Natuur toneel. Dit was 'n baie lekker wegbreek saam maats. Vir sy verjaarsdag wou hy kayak en visvang. Ons was by die rivier, uitkyk oor die rivier en...
Sien meer
Mrt 2025
Vanessa C
Gesin met klein kinders
5.0
Perfectly located riverfront house with stunning views, thoughtful amenities, and. Beach House on the River - A perfect getaway. We had...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2024
Rensia H
Saam met vriende
5.0
Fantasties mooi. Baie lekker gebly. Huis is pragtig.
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Gavin Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 37

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • 20 Coetzer Crescent, Rivers Bend, Bushmans River, 6190, Oos-Kaap
  • Gaste dink Rendezvous het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 950
per nag (plek vir 8)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 950
per nag (plek vir 8)
Vanaf
R 1 950
per nag (plek vir 8)
Bespreek
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 20 Coetzer Crescent, Rivers Bend, Bushmans River, 6190, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2e86400ded2c1bfdce204c64f4887a71fcb4cab88a542347e935c8a677425624990b39d1455b1d6b97b3ec02f64ec39c2829?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 950 per nag (plek vir 8) 37 5 1 5 20 Coetzer Crescent Rivers Bend 6190 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -33.675454 26.6483339

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang