Riverbend
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 23 Strelitzia Street, Kidd's Beach, 5264, Oos-Kaap
- Vanaf R700 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Riverbend bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n kontemporêre 2-slaapkamerhuis en in 3 selfstandige dubbelwoonstelle in die klein kusoord Kidd's Beach. Riverbend spog met pragtige uitsigte oor die Mcantsirivier, en is net 500 m van die see af.
Die hoofhuis bied slaapplek aan 4 gaste in 2 slaapkamers, en bied pragtige uitsigte vanaf die balkon. Die hoofhuis beskik ook oor 'n oopplan-kombuis, -leefarea en -eetarea. Die kombuis het 'n ontbyttoonbank en is toegerus vir selfsorg met 'n oond, gasstoof en 'n mikrogolfoond. Die leefarea beskik oor 'n eetkamertafel en stoele, 'n sitarea, 'n binnebraai-area en 'n TV. Die huis is toegerus met 'n skottelgoedwasser, 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër, vir gaste se gerief.
Die 3 selfsorgwoonstelle bestaan uit koningingrootte-beddens, en suite-badkamers en kombuisies. Hulle het ook 'n TV en wasgoedgeriewe, asook 'n braai-area. 2 woonstelle is op die rivierpaadjie geleë waar gaste lieflike uitsigte kan geniet. Die 3de woonstel is bo die motorhuis en het asemrowende uitsigte oor die rivier en see. Dit het 'n privaat balkon en braai-area, asook 'n goed toegeruste kombuis. Dit is 'n paradys vir voëlkykers, net 25 km vanaf Oos-Londen geleë.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Linda Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 30
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- 23 Strelitzia Street, Kidd's Beach, 5264, Oos-Kaap
- Gaste dink Riverbend het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 23 Strelitzia Street, Kidd's Beach, 5264, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang