RiverWalk Guest House
- Kapasiteit: 13 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 387 Church Street, Clarens, 9707, Vrystaat
- Vanaf R750 per nag, vir 1 mens
Beskrywing
RiverWalk is geleë in die rustige dorpie Clarens. Dit is ver genoeg van die middedorp se rumoer af, maar stapafstand van die gewildste kunsgalerye, restaurante en winkels af. Aangesien ons in 'n rustige doodloopstraat geleë is, is vreedsame, stil verblyf met ongelooflike uitsigte op die berge en woudgebiede gewaarborg. Op die grens van die landgoed is 'n kabbelende stroompie met wilger- en populierbome wat bydra tot die idilliese atmosfeer waarvoor Clarens so bekend is.
Elke kamer het 'n weelderige badkamer en 'n privaat ingang wat lei na 'n stoep. Ons is trots op die gehalte van ons meubels en linne en elke kamer het 'n luukse verwelkomingskinkbord met beskuit en gefiltreerde water.
Ontbyt word bedien op die tweede vloer in 'n eetkamer met 'n stoep wat ongelooflike uitsigte oor die omgewing bied.
Ontbyt word tussen 07:00 en 09:00 gedurende die week en tussen 08:00 en 09:00 gedurende naweke bedien. Internettoegang en vergaderingsgeriewe is vir 'n maksimum van 10 gaste beskikbaar.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Hannetjie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 287
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- 387 Church Street, Clarens, 9707, Vrystaat
- Gaste dink RiverWalk Guest House het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 13 volwassenes
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 387 Church Street, Clarens, 9707, Vrystaat
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang