Successfully reported
+51

Riviera Cottage

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Farm Riviera, Off Waveren Street, Tulbagh, 6820, Wes-Kaap
  • Vanaf R5 400 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Riviera Cottage is 'n grasdak-selfsorgkothuis vir tot 6 en is sowat 6 km vanaf Tulbagh geleë. Dit is die perfekte plek vir 'n wegbreek of om te kom ontspan en rus in die pragtige, natuurlike omgewing. Troeteldiere is welkom en veilig aangesien die kothuis omhein is. Daar is 'n perd en ander saggeaarde honde wat vrylik op die plaas rondloop.

Die knus oopplan-kothuis beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n solderkamer, 'n kombuis en 'n leefarea. Een van die kamers is ingerig met 'n dubbelbed en het 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens is beskikbaar in die solderkamer. Die tweede badkamer het 'n stort en 'n toilet. 'n Babybed, aantrektafel met bykomstighede, bad en voerstoel is beskikbaar teen 'n ekstra koste, reël asseblief vooraf.

Die oopplan-kombuis is volledig toegerus. Die sitkamer het 'n etenstafel en gaste kan in die sitkamer ontspan. Daar is ook 'n buitebraai-area onder 'n wingerdprieel met al die nodige bykomstighede.

Die kothuis het lieflike uitsigte. 'n Staproete is ook beskikbaar op die plaas wat na die rivier lei asook 'n lieflike borrelbad in die braai-area.

Tulbagh en omgewing bied wynproe by die nabygeleë wynlandgoedere en wingerde, asook doendinge soos stap en voetslaan, en bergfietsry- en perdryroetes. Gaste kan die bloeiende veldblomme tussen April en Oktober besigtig, of die Oude Kerk Volksmuseum en Tulbagh-kwekery besoek.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 1 Leefarea 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Leefarea

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
Volledige kombuis
Braai
Warmbad

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 22 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Imke K
5.0
Amazing experience. Very enjoyable, will definitely return.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2025
Anton K
Saam met lewensmaat
5.0
Highly recommended. A fantastic place to stay with everything a person needs for the stay. Great location and even better host.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2025
Catinka S
Saam met lewensmaat
5.0
Ongelooflike lekker ervaring in 'n plek met 'n unieke bekoring. Wat 'n ongelooflike lekker naweek omring deur die pragtige Tulbagh berge. Riviera Cott...
Sien meer
Jun 2025
Elrien S
5.0
Rustige verblyf in pragtige kothuis. Indien ek hierdie gasvrou en kothuis tien uit vyf sterre vir alles kon gee, sou ek. Ek reis gereeld, en kan nie d...
Sien meer
Mei 2025
Alexandra M
5.0
Nature and relaxation at its finest - highly recommend. Beautiful and tranquil with great views and a cozy atmosphere. The host is abso...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Rina Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 22

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Farm Riviera, Off Waveren Street, Tulbagh, 6820, Wes-Kaap
  • Gaste dink Riviera Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 5 400
per nag, vir 6 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 5 400
per nag, vir 6 mense
Vanaf
R 5 400
per nag, vir 6 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Farm Riviera, Off Waveren Street, Tulbagh, 6820, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA49320fbf7835fa8d5d4b4ec1ae729ec168d9b2dac95c58fc1f6aca836837276379a7687adc3dad09baa2175dfd77d7e34f14?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 400 per nag, vir 6 mense 22 5 1 5 Farm Riviera Off Waveren Street 6820 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.254040998784 19.102434745889
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang