Successfully reported
+115

Rondegat Cottages

  • Kapasiteit: 43 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ou Kaapse Weg, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 450 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Rondegat Cottages is op 'n sitrusplaas langs die Clanwilliamdam geleë, wat gewild is vir watersport en visvang. Daar is 'n 14 km lange grondpad vanaf die N7 tot by die kothuise.

Verblyf is beskikbaar in goed toegeruste selfsorgkothuise met mooi uitsigte oor die dam en in 'n privaat huis, genaamd Lake View House, met 3 slaapkamers. Die kleinste kothuis het sy eie plonspoel en die ander kothuise het toegang tot 'n gemeenskaplike swembad. Beddegoed word voorsien, maar nie handdoeke nie.

In die lente kan besoekers hul verlustig in die duisende lieflike blomme in Clanwilliam, die Biedouw-vallei en die omliggende areas. Die area is 'n paradys vir voëlkykers en jy kan gereeld die roep van visarend oor die water hoor galm. 'n 4x4-roete van 15 km kronkel deur die fynbos en bied pragtige uitsigte oor die berg en die vallei.

Bote kan gratis te water gelaat word op die dam by Rondegat. Daar is ook 2 kano's beskikbaar wat gaste kan gebruik, so onthou om jou visstok saam te bring! (Let asb. op dat die watervlak laag is gedurende die somer. Doen asb. navraag oor bote te water laat.) Gaste kan hul eie bergfietse en bote saambring of langs die swembad ontspan en die stilte van hierdie gesinsoord geniet.

Rondegat is net 14 km van Clanwilliam af en dit is die ideale basis vir daguitstappies na die noordelike en suidelike dele van die Cederberge, Lambertsbaai en na Elandsbaai.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Wassery naby
Swembad
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 143 resensies

Baie goed

Netheid
4.4
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.3
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Cherise N
5.0
Lovely and comfy stay in beautiful surroundings. We had such a wonderful weekend stay! The cottage is lovely, modern, and thoughtfully ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2025
Charl V
5.0
Baie lekker ontspannend. Dit was baie lekker.
Sep 2025
Yolande K
Gesin met klein kinders
5.0
Idiaal. Gerieflik. Ligging is prentjie mooi! Amper tropies. Idiaal vir rus vir die siel. Die wit huisie op die heuwel is nie net modern nie, maar ook ...
Sien meer
Aug 2025
Ronél C
Saam met vriende
5.0
Enjoyed visiting Rondegat Cottage. Thank you. Great and beautiful location. Would definitely like to stay here again.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2025
Christolene B
5.0
Ons was bevoorreg om in blommetyd daar te bly, alles was prentjie mooi. Rondegat is die perfekte setting. Alles wat jy mag nodig hê is in die huisie: ...
Sien meer
Aug 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Anne-Marie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 143

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Ou Kaapse Weg, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
  • Gaste dink Rondegat Cottages het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 450
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 450
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 450
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 43 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ou Kaapse Weg, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDQ4YmNkMmRlLTRjMWMtNDJjNS1iMWIwLTI3NDY5MTNkZTFmNg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 450 per nag, vir 2 mense 143 5 1 5 Ou Kaapse Weg Clanwilliam 8135 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.265452830534 18.937093019485
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang