Successfully reported
+43

Rose Acres Guest House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 6 Middel Street, Parys, 9585, Vrystaat
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Rose Acres Guest House is in die hartjie van Parys in die Vrystaat geleë. Dis gerieflik na aan die hoofroetes en net 'n uur vanaf Johannesburg en 2 ure vanaf Pretoria.

Ons bied verblyf in 6 gaste-suites, elkeen met 'n oop en suite-badkamer (stort alleen) en 'n privaat ingang vanuit die tuin. Beddegoed en badhanddoeke word voorsien. Geriewe in die kamer sluit 'n yskassie en koffie- en teemaakgeriewe in. Al die suites het 'n oopplan-ontwerp met geen kookgeriewe nie. Kamer 5 het slaapplek vir 3 volwassenes, of 2 volwassenes en 1 kind. Daar is lugversorging in al die kamers.

Gaste kan ook gebruik maak van die gemeenskaplike braaigeriewe en daar is veilige onderdak parkeerplek. Indien 'n groep van die braaigeriewe gebruik wil maak, moet daar asseblief vooraf met eienaar gereël word. Bespreek ook jou spesiale geleentheid soos 'n verlowing, hernuwing van huweliksbeloftes, verjaardae of huweliksherdenking vooraf met die eienaar. Klein funksies kan gehou word in die braai-area asook die gebruik van die kapel op versoek. Maksimum 2 - 10 persone word vereis.

Ons is na aan die middedorp met sy groot verskeidenheid winkels, banke, vermaaklikheidsgeriewe, 'n keur van goeie restaurante en ander doendinge soos river rafting, valskermsweef, staproetes, ens.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 217 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Marius F
Gesin met tieners
5.0
Baie lekker verblyf en vriendelike gasheer en gasvrou! Baie gelukkig. Sal weer daar bly.
Okt 2025
Nicky V
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige netjiese interessante kunstige dorp. Ons kuier was beslis te kort! Heerlik, sal graag weer kom. Netjies en voel soos huis. Pragtige gastehuis...
Sien meer
Sep 2025
Frank M
Saam met lewensmaat
5.0
Gerieflike verblyf in Parys. Ons het baie lekker gebly. Vriendelike gasheer. Mooi kamers.
Aug 2025
Paul M
5.0
Great. The host was caring and helpfull. I highly recommend. Great. The host was caring and helpfull. I highly recommend. A very safe, ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2025
Jenine S
Gesin met tieners
5.0
Pragtig! Pragtige plek en goed toegerus met alles wat jy kan nodig kry!
Jun 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Hester Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 217

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • 6 Middel Street, Parys, 9585, Vrystaat
  • Gaste dink Rose Acres Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 850
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 850
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 850
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 6 Middel Street, Parys, 9585, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAcdb984a12ea1ceff5d2fc9e90d897206f1392b87e9fc8943727ca55f0e19a45f888ab5f95f30d3299bb8d68bfaeb5fd7b8c3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag (plek vir 2) 217 5 1 5 6 Middel Street Parys 9585 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -26.898552784036 27.453999

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang