Successfully reported
+22

Rozelee Rest

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 36 Augusta Street, Sonheuwel, Mbombela (Nelspruit), 1200, Mpumalanga
  • Vanaf R550 per nag (plek vir 1)

Beskrywing

Rozelee Rest is in Soneheuwel, Mbombela (Nelspruit), geleë en bied gehalteverblyf vir klein gesinne of sakereisigers. Dit is binne maklike bereik van talle winkels, restaurante, die N4-hoofweg, en besienswaardighede. Dit is 3 km vanaf die Mediclinic Hospitaal geleë.

Die verblyf beskik oor 3 eenhede. Die selfsorg-eenheid het 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die kombuisarea het 'n gasstoof, mikrogolfoond, yskas, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei, 'n wasmasjien en strykgeriewe. Daar is 'n TV met Netflix en gaste het toegang tot komplimentêre WiFi tydens hul verblyf. 'n Werkstasie is beskikbaar vir sakereisigers.

Die enkelkamer beskik oor 'n driekwartbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Dit het koffie- en teemaakgeriewe. Gaste kan ook komplimentêre WiFi-toegang geniet.

Roselee Res 3, die 3de eenheid, het slaapplek vir 2 gaste en is ingerig met 'n koningingrootte-bed. Die en suite-badkamer is toegerus met 'n glasstort en sy en haar wasbakke.
Die kamer beskik oor 'n mini-kombuisie met verhit-en-eetgeriewe soos 'n yskas, 'n mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe. Gaste het ook toegang tot 'n TV.

Elke kamer het 'n plafonwaaier vir daardie warm somersdae. Die dubbelkamer het ook lugversorging. Gaste het toegang tot 'n swembad om af te koel na 'n lang dag van verken.

Gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike patio met buitemeubels en gemeenskaplike braaigeriewe.

Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 87 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Annelie D
Saam met lewensmaat
5.0
Ons het gerieflik gebly met alles wat nodig is. Ons is vriendelik ontvang. Ons gaan gereeld daar tuis. Ons word altyd vriendelik ontvang en daar is al...
Sien meer
Sep 2025
Shaun S
Saam met lewensmaat
5.0
Not bad at all. Great, sleep was amazing.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2025
Tumelo M
Saam met lewensmaat
5.0
We had a peaceful night, with a room that catered for all our needs as a couple. A beautiful stay overnight with my spouse.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2025
Lizette V
Saam met lewensmaat
5.0
Baie aangenaam. Baie rustig. Privaat. Baie skoon en netjies.
Jun 2025
Jana G
Saam met lewensmaat
5.0
Werklik waarde vir geld. Rozelee Rest is 'n uitstekende oornagplek. Die kamer is baie mooi en skoon en die bed is absoluut hemels. Ons weet waar ons s...
Sien meer
Jun 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Whanita Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 87

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • 36 Augusta Street, Sonheuwel, Mbombela (Nelspruit), 1200, Mpumalanga
  • Gaste dink Rozelee Rest het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 550
per nag (plek vir 1)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 550
per nag (plek vir 1)
Vanaf
R 550
per nag (plek vir 1)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 36 Augusta Street, Sonheuwel, Mbombela (Nelspruit), 1200, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA081a5255d263e5bc8207272f127ebccde32fa7d8d4715e9d1a48d3f1f7d6a148760786fd51ed4d1c3e2b635aa54258a8946f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R550 per nag (plek vir 1) 87 5 1 5 36 Augusta Street Sonheuwel 1200 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -25.487849 30.974547

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang