Successfully reported
+11

RuaWilla

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Klipheuwel Plaas, Lutzville, 8165, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 199 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

RuaWilla is 'n knus selfsorgeenheid tussen die wingerd op 'n plaas naby Lutzville aan die Weskus. Die eenheid is 'n ideale oornagplek vir natuurliefhebbers en toeriste wat naby Vredendal of Strandfontein wil oornag.

Die eenheid bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer, 'n kombuis en 'n leefarea. Die slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die leefarea het 'n gemaklike leerrusbank, kaggel en 'n platskerm-TV. Gratis WiFi is ook beskikbaar. Die skuifdeur lei na 'n privaat stoep met buitemeubels en braaigeriewe. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Die eenheid is met sonkrag toegerus om beurtkrag te vermy.

Daar is genoeg plek vir stap of fietsry op die plaas en gaste kan gerus tamaties, of wyn- en rosyntjiedruiwe op die plaas te pluk, afhangend van die seisoen. Die naaste strand is sowat 27 km vanaf RuaWilla en die naaste dorp, Lutzville, is sowat 4 km ver.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Stroomdienste
Kaggel
Braai
Vuurmaakhout
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 38 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Annica V
Saam met lewensmaat
5.0
Was baie lekker, sal weer kom. Ons het baie lekker gebly.
Sep 2025
Ilse V
Saam met lewensmaat
5.0
Prag verblyf op werkende plaas. Pragtige huis op 'n werkende plaas. Die oopplan huis is baie goed en smaaklik ingerig. Ons het ons verblyf baie geniet...
Sien meer
Sep 2025
Bianca B
Saam met lewensmaat
5.0
Lovely accommodation. Wonderful stay. Well worth it.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2025
Jaco H
Saam met lewensmaat
5.0
Die verblyf by RuaWilla was baie aangenaam en rustig. Die huisie is baie gemaklik en goed toegerus. RuaWilla is baie goed geleë om die omgewing en nab...
Sien meer
Sep 2025
Lyndsey S
Saam met lewensmaat
5.0
Wonderful stay. Comfortable stay. Wow accommodation. Friendly hosts.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Braham Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 38

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Klipheuwel Plaas, Lutzville, 8165, Wes-Kaap
  • Gaste dink RuaWilla het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 199
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 199
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 1 199
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Klipheuwel Plaas, Lutzville, 8165, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdc40d02a5f68141cb94f8888e4f2da628ee1907a821f6ee9b0c7a0f67ab7c97255e7dceaba35e2b7c941d2b1b6228e8d1e9c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 199 per nag (plek vir 2) 38 5 1 5 Klipheuwel Plaas Lutzville 8165 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -31.587923686918 18.368360163757
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang