Successfully reported
+38

Rus 'n Bietjie

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 37 Main Road, Agulhas, 7285, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 150 per nag, vir 8 mense

Beskrywing

Rus 'n Bietjie is 'n eenvoudige vissershuisie wat in 1938 gebou is en is een van die oudste huise op L'Agulhas. Dit is baie naby die see (30 m soos die kraai vlieg) en bied 'n pragtige uitsig. Dit is naby die historiese Soldatepoel aan die see se kant van die hoofpad, met net 'n muurtjie tussen die huis en die see. Die see is slegs 100 tree ver.

Rus 'n Bietjie is 'n selfsorghuisie met geverfde sementvloere en 'n paar krakies hier en daar weens ouderdom. Tog het dit heelwat karakter. Die lae deurrame kom byvoorbeeld van ou skuite af. Daar is 3 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n see-uitsig, die tweede een het 3 enkelbeddens en 'n see-uitsig, en die derde een het 3 enkelbeddens en 'n berg-uitsig. Dit het slaapplek vir 8 gaste, maar is meer ideaal vir 6 gaste. Die badkamer het 'n toilet, wasbak, bad en ’n stort. Let daarop dat die toilet effens laer as 'n normale toilet is. Daar is 'n buitetoilet wat 'n normale hoogte is en ideaal vir wanneer daar gebraai word.

Die kombuis het 'n mooi see-uitsig en 'n vierplaatstoof en oond, 'n mikrogolf, broodrooster, yskas-vrieskas, broodrooster, ketel en al die kombuistoebehore wat gaste sal nodig kry vir selfsorg. Tee, koffie, 'n bak beskuit, skottelgoedseep, sout en peper word voorsien. Die oopplan-sitarea en -eetarea het 'n klein biblioteek en 'n TV. Daar is 'n OVHD-dekodeerder beskikbaar, maar gaste moet hul eie DStv-dekodeerder saambring. Daar is ook WiFi.

Rus 'n Bietjie se gewildste area is waarskynlik die groot onderdakstoep en braai-area met sy lieflike see-uitsig. Hiervandaan kan jy sien hoe die skepe heen-en-weer vaar, en nou-en-dan walvisse en dolfyne gewaar. Vanaf die stoep se hangmat kan jy boonop hierdie uitsigte geniet terwyl jy gemaklik agteroor lê.

Troeteldiere is welkom indien dit vooraf gereël word.

Rus 'n Bietjie val nie in almal se smaak nie. Dié wat egter iets ongewoons waardeer, na aan die natuur wil wees en 'n wonderlike see-uitsig verlang is gewoonlik dol oor Rus 'n Bietjie en beskou dit hulle gunsteling vakansiebestemming.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

3

3 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

3

3 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
Wasmasjien
Braai

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 117 resensies

Baie goed

Netheid
4.0
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.4
Veiligheid
4.4
Gaste se hoogtepunte
Marzanne A
Gesin met tieners
5.0
Het 'n fantastiese tyd gehad en die weer was perfek. Die lekkerste verblyf in 'n lang tyd! Die uitsig en lekker 'rustic' gevoel van die huisie, doen w...
Sien meer
Sep 2025
Nanje L
Gesin met klein kinders
5.0
’n Lieflike paar dae by die see! Ons het verskriklik lekker by Rus 'n Bietjie gebly! Daar is alles wat 'n mens nodig het - selfs WiFi! Nie dat ons dit...
Sien meer
Mei 2025
Bradley M
5.0
My eerste Paasfees na 5 jaar met my gesin, van onskatbare waarde en herinneringe. My en my familie se verblyf by Rus 'n Bietjie was fantasties en net ...
Sien meer
Apr 2025
Wendy P
Saam met lewensmaat
5.0
Absolutely beautiful. See stars.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024
Corrie V
Saam met lewensmaat
5.0
Ongelooflik! Dit was een van die lekkerste blyplekke waar ons nog was! Sal definitief weer gaan!
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.1/5

Anna-Marie Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 243

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • 37 Main Road, Agulhas, 7285, Wes-Kaap
  • Gaste dink Rus 'n Bietjie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 150
per nag, vir 8 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 150
per nag, vir 8 mense
Vanaf
R 2 150
per nag, vir 8 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 37 Main Road, Agulhas, 7285, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGRlOGUyZTRjLTA5ZTgtNGQ1MC04OThkLWZmYWI3Nzg2ZTIyZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 150 per nag, vir 8 mense 117 5 1 5 37 Main Road Agulhas 7285 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-23:00 10:00 -34.82112285534 20.026499032974

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang