San Lameer Villa 1926
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R61 San Lameer Estate, San Lameer Villa 10301, Lower South Coast, 4277, KwaZulu-Natal
- Vanaf R3 375 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
San Lameer Villa 1926 is op die San Lameer Landgoed geleë. Dié landgoed aan die Suidkus van KwaZulu-Natal is 'n subtropiese paradys met wild, fauna, flora en voëls. Dit bied iets vir die hele gesin. Dié 200 hektaar-natuurreservaat spog met 'n 18 putjie-kampioenskapgholfbaan, 'n hotel met 'n spa, 'n restaurant en kroeg, luukse villas en direkte toegang tot 2 fantastiese Blouvlagstrande.
Dié villa het lugversorging, slaapplek vir 6 gaste en 3 slaapkamers, 2 badkamers, en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Die tweede en derde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens, en gaste deel 'n badkamer met 'n stort.
Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en sluit 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware in. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Die eetarea het sitplek vir 8 gaste en in die sitkamer is daar 'n gemaklike sitkamerstel.
Die leefarea bied toegang tot 'n balkon met 'n buite-etenstafel en braaigeriewe.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort-oor-bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Marieta Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 94
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- R61 San Lameer Estate, San Lameer Villa 10301, Lower South Coast, 4277, KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R61 San Lameer Estate, San Lameer Villa 10301, Lower South Coast, 4277, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang