San Lameer Villa 3112
Kry 10% af. Geldig vir verblyf vanaf 11 Sep 2025 tot 30 Nov 2025.
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lower South Coast Road, San Lameer Villa 3112, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R2 200R1 980 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
San Lameer Villa 3112 is 'n selfsorgvilla in die ongelooflike San Lameer-landgoed, in Southbroom.
Die eenheid bied verblyf aan tot 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-leefarea en 'n kombuis. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad, 'n toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n stort-oor-bad, 'n toilet en 'n wasbak.
Die kombuis is toegerus vir selfsorg en het 'n stoof en 'n oond, 'n yskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Daar is 'n skottelgoedwasser, tuimeldroër en 'n wasmasjien. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste en die sitarea het gemaklike rusbanke, asook 'n platskerm-TV met die DStv-besigheidspakket. Onbeperkte WiFi is beskikbaar.
Die leefarea lei na 'n onderdakpatio met 'n braai waar skemerkelkies en die uitsig oor die strandmeer geniet kan word. Parkeerplek onderdak is vir jou voertuig beskikbaar.
Die woonstel het sy eie JoJo-tenk om watertoevoer tydens noodgevalle te verseker.
Daar is ook 'n 5kW-omsetter en 'n litiumbattery wat meeste van die elektriese toestelle tydens beurtkrag sal aanhou. Gaste word egter versoek om spaarsamig te werk en nie toestelle met 'n hoë lading te gebruik wat die battery se kapasiteit sal oorskry en vinnig pap sal maak nie.
San Lameer Estate is Suid-Afrika se weergawe van paradys, en bied die perfekte vakansieverblyf. Dit was Suid-Afrika se eerste gholfbaanlandgoed en voorsien gaste toegang tot twee van die pragtigste Blouvlagstrande in die land. Dit is nie alleen 'n 200 hektaar-bewarea nie, maar het ook 'n uitdagende 18 gat-kampioenskap gholfbaan en 'n vyfster-spa; net die ding om van die spanning van die stadslewe ontslae te raak.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort-oor-bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort-oor-bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Top Destinations Geverifieer
Eiendomme 96
Resensies 478
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Lower South Coast Road, San Lameer Villa 3112, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
- Gaste dink San Lameer Villa 3112 het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lower South Coast Road, San Lameer Villa 3112, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang