Successfully reported
+9

Sancor Selfsorg 1

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 29 Long Street, Mossel Bay, 6506, Wes-Kaap
  • Vanaf R950 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Sancor Selfsorg geniet 'n lieflike see-uitsig en is stapafstand van die Santos-strand, 'n Blouvlagstrand in Mosselbaai, geleë.

Die ruim woonstel is ideaal vir 'n gesin met 2 kinders, en bestaan uit 1 slaapkamer wat ingerig is met 'n koningingrootte-bed. Die woonstel het ook 'n ruim badkamer met 'n bad en 'n stort. Gerieflikheidshalwe word linne en badhanddoeke voorsien. 2 Slaapbanke is ook beskikbaar in die leefarea.

Die oopplan-kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n yskas-vrieskas, 'n tweeplaatstoof en oond, 'n mikrogolfoond asook 'n eetarea.

Die leefarea is toegerus met 'n TV met volledige DStv en het braaigeriewe en veilige parkeerplek. Daar is ook 'n speelarea vir kinders. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie. Gaste het toegang tot 'n toegeruste waskamer, en 'n skoonmaak- en wasgoeddiens kan teen 'n ekstra koste gereël word.

Sancor Selfsorg is stapafstand vanaf Santos-strand, asook verskeie restaurante, en 'n winkelsentrum is net 1 km weg. Mosselbaai bied 'n verskeidenheid besienswaardighede soos die Bartholomeu Dias Maritieme Museum, die Garden Route Casino, en verskeie doendinge soos visvang, bootvaart, en die Hartenbos en Diaz Waterparke. Jakkalsvlei Privaat Kelder en Restaurant is 'n groot trekpleister en sowat 60 km weg.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Leefarea 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Leefarea

2

1 x Dubbelslaapbank

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 63 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Natasha S
Gesin met klein kinders
5.0
It was perfect. My stay at Sancor was worth every cent. The host was great and her helper. The place was so clean and everything was pe...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2025
John George (attie) T
Besigheidsreis
5.0
Net wonderlik en rustig. Baie lekker gebly, Cor en Sandra is baie goeie en vriendelike mense.
Sep 2025
Riana P
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekend! As jy vir 'n derde keer terugkeer na jou verblyf, dan moet jy weet. Ongelooflike plekkie om by te bly.
Sep 2025
Sharlene S
Saam met lewensmaat
5.0
Beste sonsopkoms foto's & ontelbare memories. Eenheid is baie netjies, goed toegerus met alles wat jy benodig. See-uitsig is asemrowend. Loopafstand n...
Sien meer
Mei 2025
Chris A
Gesin met tieners
5.0
We had a great time at Sancor! Sandra and Cor were excellent hosts, greeting us. We had a completely fantastic stay with Sancor! Sandra...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Sandra Geverifieer

Eiendomme 5

Resensies 149

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 29 Long Street, Mossel Bay, 6506, Wes-Kaap
  • Gaste dink Sancor Selfsorg 1 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 950
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 950
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R 950
per nag (plek vir 4)
Bespreek
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 29 Long Street, Mossel Bay, 6506, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAYoiDkcPogmeybVfLFDxtW8goNIkwaBreFvzts7l3aZXYtd8QY9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag (plek vir 4) 63 5 1 5 29 Long Street Mossel Bay 6506 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -34.176968 22.134309

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang