Successfully reported
+15

Sand River Conservancy - Wagon House

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Patatsrivier Road, Tankwa Karoo, Ceres, 6835, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 117 per nag, vir 12 mense

Beskrywing

Sand River Conservancy is aan die voet van die Bontberge, sowat 230 km vanaf Kaapstad. Dis aan die rand van die Tankwa Karoo met plantegroei wat wisselvan gras tot vetplante. Die land is vroeër as winterweiding vir skape gebruik, maar word tans as 'n bewarea bestuur om die veld te rehabiliteer.

Let daarop dat besprekings wat op die inklokdag gemaak word nie aanvaar word nie.

Wagon House bied basiese verblyf in slaapsale vir 12 gaste. Daar is 'n dubbelbed, 5 stapelbeddens en 2 moderne badkamers waarvan 1 rolstoelvriendelik is. Die kombuisie is vir selfsorg toegerus met 'n gasstoof en 'n yskas-vrieskas. Daar is ook 'n toonbank en 'n piekniektafel. Buite is 'n groot braai-area en 'n plonspoel.

Die eenheid het elektriese beligting en 'n internetverbinding. Daar is voldoende elektrisiteit om toestelle soos skootrekenaars en kameras te laai. Beddegoed, handdoeke en vuurmaakhout word voorsien.

Let asb. daarop dat daar grondpaaie op pad na Wagon House is. Gaste wat by Sand River bly benodig 'n hoë voertuig aangesien die pad nie vir 'n gewone sedanvoertuig geskik is nie. Gaste sal gevra word om 'n vrywaringsvorm te teken wanneer hulle die perseel vir die eerste keer betree.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 2 Badkamers

Slaapkamer

12

1 x Dubbelbed

5 x Stapelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Kaggel
Braai

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 11 resensies

Uitstekend

Netheid
4.1
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Ilse W
Saam met lewensmaat
5.0
Absoluut ongelooflik. Ongelooflik lekker gebly. Sal dit beslis aanbeveel en weer daar kom bly.
Jul 2025
Jean D
Gesin met klein kinders
5.0
Stil, skoon en rustig. Wonderlike wegkomplek in die middel van nêrens!
Mei 2025
Beretha C
Saam met lewensmaat
4.8
Dit is 'n plek waar jy kan recharge. Mens skakel af van alles. Ons het baie lekker gerus.
Jan 2025
Michelle V
Gesin met tieners
4.6
Rus en vrede heers daar. Ons het als omtrent Sand River Conservancy - Wagon House en die omgewing geniet. Dit is baie afgesonder maar voel steeds veil...
Sien meer
Apr 2024
Lirita E
4.0
Plaasvakansie. Ons het heerlik gekuier. Ons was 'n 3 gesinne met klomp klein kindertjies. Ons het lekker gaan stap en die kinders het heerlik gespeel....
Sien meer
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Mark Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 11

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Patatsrivier Road, Tankwa Karoo, Ceres, 6835, Wes-Kaap
  • Gaste dink Sand River Conservancy - Wagon House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 3 117
per nag, vir 12 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 3 117
per nag, vir 12 mense
Vanaf
R 3 117
per nag, vir 12 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Patatsrivier Road, Tankwa Karoo, Ceres, 6835, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGNlNGQ3ZmUwLWM2OWEtNDczZC05NDhhLTE1MTkyNzU2M2NhNA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 117 per nag, vir 12 mense 11 5 1 5 Patatsrivier Road Tankwa Karoo 6835 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.144217 19.992705
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang