Sandown Self-Catering
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 16 Stavenisse Avenue, Cape St Francis, 6312, Oos-Kaap
- Vanaf R1 050 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Sandown Self-Catering is naby die manjifieke Kaap St Francis-strand, waar swem, branderplankry, visvang en stap geniet kan word. Daar is voorraadwinkels, kroeë en 'n restaurant binne loopafstand van Sandown.
Die verblyf wat aangebied word, bestaan uit 2 tuin-enkelwoonstelle met see-uitsigte en 'n kamer met koffie- en teemaakgeriewe. Die Dolphin- en Shelley-eenhede het albei houtdekke en braaigeriewe. Die Robin-kamer is gemeubileer met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Hierdie kamer het geen selfsorggeriewe nie en is geskik vir 1 of 2 nagte se verblyf, of vir ekstra persone wat by Dolphin- en Shelley-gaste bly. Alle eenhede het TV's met DStv, en gratis WiFi word voorsien.
Daar is 'n privaat paadjie wat vanaf die eiendom na die strand lei, en veilige parkering op die perseel is beskikbaar.
Die Dolphin-woonstel is bo geleë en beskik oor 'n koningingrootte bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die woonstel het ook 'n slaapbank vir 'n derde persoon.
Die Shelley-woonstel is onder geleë en is ingerig met 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die woonstel het ook 'n slaapbank vir 'n derde persoon. 'n Troeteldier kan slegs in die Shelley-woonstel geakkommodeer word, behalwe gedurende Desember en Januarie.
Alle kamers het tee- en koffiemaakgeriewe, en 'n volledige Engelse ontbyt is opsioneel.
Kaap St Francis is 5 km vanaf St Francisbaai en die hawe, waar meer winkels, restaurante, gholfbane, tennisbane, rolbalbane en watersportgeriewe gebruik kan word.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.2/5
Hilary Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 32
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- 16 Stavenisse Avenue, Cape St Francis, 6312, Oos-Kaap
- Gaste dink Sandown Self-Catering het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 16 Stavenisse Avenue, Cape St Francis, 6312, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang