Sanfern Downs Cottage
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Phoenix Farm, A33 on the National Road R71, Magoebaskloof, 0850, Limpopo
- Vanaf R890 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Sanfern Downs Cottage is versteek in die denneplantasies op die Phoenix Plaas met sy luisterryke grasperke en pragtige tuine in die pragtige Magoebaskloof-streek in die Wolkberge.
Die oopplan-kothuis bied selfsorgverblyf met 'n dubbelbed, volledig toegeruste kombuisie, badkamer met 'n stort, en 'n leefarea. Die kombuisie is toegerus met 'n yskas, oondjie en stoof, ketel en broodrooster. Braaigeriewe is beskikbaar vir ons lieflike someraande, en gaste het toegang tot onderdakparkeerplek.
Die kothuis is net 900 m van die gewilde Pot n Plow Restaurant en kroeg af, en dis net 9 km vanaf die bekoorlike Haenertsburg met talle winkels, restaurante en selfs 'n kroeg of 2! Gaste kan ook die Phoenix Farm Meander geniet wat rondom die plaas kronkel en die denneplantasties en die vlei langs die Helpmekaarrivier besoek. Die omgewing bied 'n paar wonderlike toeriste-besienswaardighede wat gaste kan besoek, onder andere die Thomac Essential Oils-toer sodat jy kan sien hoe vlugtige olie gedistilleer word, die Wegraakbosch Kaaswinkel, Magoebaskloof-boomtoptoere, bergfiets- en voetslaanroetes wat tussendeur talle pragtige watervalle vleg, en asemrowende uitsigte bied.
Sanfern Downs het ook 'n fabriekswinkel wat natuurlike gesondheidsprodukte verkoop. Al die gesonheidsprodukte word op die plaas vervaardig.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.4/5
Megan Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 39
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Phoenix Farm, A33 on the National Road R71, Magoebaskloof, 0850, Limpopo
- Gaste dink Sanfern Downs Cottage het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Phoenix Farm, A33 on the National Road R71, Magoebaskloof, 0850, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang