Sangwe Touwsberg Private Game and Nature Reserve
-
Kapasiteit: 7 persone
5 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plathuis Road, 40 km from Ladismith, 6655, Wes-Kaap
- Vanaf R2 500 per nag (plek vir 7)
Beskrywing
Sangwe Touwsberg Privaat Wild- en Natuurreservaat is tussen die dorpe Barrydale en Ladismith op die R62 geleë, en is ideaal vir 'n gesin van 7 mense wat wil wegbreek van die gejaag van stadslewe.
Die huis beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers met baddens en storte. Die hoof- en tweede slaapkamer het elkeen 'n dubbelbed, en die derde slaapkamer het 'n stapelbed sowel as 'n enkelbed.
Die oopplan-kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n gasstoof, 'n yskas, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Gaste kan ontspan in die sitkamer wat gemaklike sitplek het, asook 'n kaggel vir die kouer winterdae.
Die leefarea maak oop op 'n gemeubileerde patio met braaigeriewe en kyk uit oor die omgewing. Die huis het ook 'n plonspoel waar gaste op die warmer dae kan afkoel terwyl hulle oor die vlaktes van die reservaat uitkyk.
Neem asseblief kennis dat die huis van sonkrag gebruik maak, en gaste word gevra om asseblief nie hul eie inprop-toestelle saam te bring nie.
Doendinge sluit talle voetslaan-, bergfietsry- en 4x4-roetes in. Die area spog met 'n ryk wild- en voëllewe wat gaste tydens hul verblyf kan bewonder.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Kinderbank vir 2
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Christelle Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 16
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Plathuis Road, 40 km from Ladismith, 6655, Wes-Kaap
- Gaste dink Sangwe Touwsberg Private Game and Nature Reserve het ’n uitstekende ligging
-
Kapasiteit: 7 persone
5 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plathuis Road, 40 km from Ladismith, 6655, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang