Successfully reported
+76

SANParks Augrabies Rest Camp

  • Kapasiteit: 444 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Augrabies Falls National Park, Augrabies, Kakamas, 8874, Noord-Kaap
  • Vanaf R362 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

SANParks Augrabies Rest Camp is baie indrukwekkend wanneer 'n donderbui deur die skeur weergalm en die water 56 m ver tot in 'n granietpoel stort. Die Augrabies-waterval het sy naam te danke aan die Khoi-woord "Aukoerebis", wat "plek van groot geraas" beteken, en doen sy naam gestand wanneer die Oranjerivier in volle vloed is! Die park bied 'n tuiste aan klipspringers en kokerbome wat teen die Afrika-hemelruim pryk. Net die mees geharde diere oorleef in dié dorre geweste. Moenie net hierheen kom vir die waterval nie, want daar is soveel meer om te ervaar in hierdie maanlandskap. Hier is meer as 50,000 hektaar rivier-ekosisteme om te verken en uitkykpunte vanwaar besoekers die dramatiese landskap kan gadeslaan. Boonop is die Nasionale Park maklik van Upington af bereikbaar via 'n 120 km-teerpad.

Die Augrabies Nasionale Park het net 1 kampterrein, maar van al die kampe in droë gebiede is dit die grootste. Al die chalets het selfsorggeriewe en lugversorging. Die kampplek bied baie skaduwee en meer as die helfte van die staanplekke het kragpunte. Gemeenskaplike ablusiegeriewe, 'n kombuis en 'n was- en strykkamer is beskikbaar.

As jy die dag nie lus voel vir braai nie kan jy gerus by ons gelisensieerde restaurant kom aansit. Ons winkeltjie is ook goed voorsien in geval jou voorraad skraps raak. Die 3 swembaddens is slegs vir gaste se gebruik. Die chalets en kampterrein is stapafstand vanaf die waterval en daar is oorgenoeg plankpaadjies om dit rolstoelvriendelik te maak.

Langs die ontvangs is die park se eie konferensiesentrum wat voorsiening maak vir vergaderings, werkswinkels en seminare. Die lokaal het lugversorging en is goed toegerus, met plek vir tot 70 afgevaardigdes.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 206 resensies

Uitstekend

Netheid
4.4
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.5
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Renske V
Saam met lewensmaat
5.0
Lovely! Quiet. Clean. Peaceful.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2025
Marica G
Saam met lewensmaat
5.0
Vredig en asemrowend. Ons kampeerervaring was werklik besonders. Die terrein was netjies en skoon, en die stilte het vir 'n rustige atmosfeer gesorg. ...
Sien meer
Sep 2025
Wynand T
Saam met lewensmaat
5.0
Sal weer moet kom. Uitstekende kampplek, loopafstand van die waterval af. Geriewe is skoon en netjies, hele kampterrein goed in stand gehou. Baie bome...
Sien meer
Aug 2025
Soekie S
Saam met lewensmaat
5.0
Skoon, netjies en vriendelike personeel. Was verbasend skoon en netjies! Baie vriendelike personeel.
Aug 2025
Johan B
Saam met lewensmaat
5.0
Ons het ons verblyf op Augrabies baie geniet. Ons het baie lekker gebly, dankie.
Aug 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.4/5

LekkeSlaap
Internal ...

Eiendomme 100+

Resensies 1919

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Augrabies Falls National Park, Augrabies, Kakamas, 8874, Noord-Kaap
  • Gaste dink SANParks Augrabies Rest Camp het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 362
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 362
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 362
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 444 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Augrabies Falls National Park, Augrabies, Kakamas, 8874, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1Xm6zz3MpRmG5IMZl4iMB94xOqizwtXbx6rpYT6u7dPKgRatPM?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R362 per nag, vir 2 mense 206 5 1 5 Augrabies Falls National Park Augrabies 8874 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -28.593301 20.337403
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang