SANParks Bitterpan Wilderness Camp
- Kapasiteit: 8 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Off the R360, Kgalagadi Transfrontier Park, Upington, 8801, Noord-Kaap
- Vanaf R2 146 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Bitterpan is 'n wilderniskamp wat nie omhein is nie in die Kgalagadi Oorgrenspark. Dié eksklusiewe kamp is op stelte verhewe bo die rooi sandduine van die Kalahari en kyk oor 'n watergat.
Die Kgalagadi Oorgrenspark bestaan uit rooi sandduine en bossies met troppe gemsbokke, springbokke, elande en blouwildebeeste. Die kameeldoringbome bied skadu aan groot Kalahari-leeus en is die perfekte uitkykpunte vir jagluiperds en roofvoëls.
Die kamp is net toeganklik met 'n 4x4 met hoë grondvryhoogte. Waentjies word nie toegelaat nie. Die kamp verbind die 2 riviere, Nossob en Auob. Die roete mag net in een rigting gery word van Nossob na Mata-Mata. Die area kyk oor 'n groot pan met min bome. Die kamp is klein, eksklusief en lekker stil.
Daar is 4 chalets met 'n slaapkamer met 2 enkelbeddens en 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak elk. Elke chalet het sy eie braaigeriewe.
Gaste maak van die gemeenskaplike kombuis en gedeelde braai-area gebruik. Die gemeenskaplike kombuis is volledig toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, kookgerei en eetgerei. Daar is ook etenstafels en stoele. Die kamp se elektrisiteit is van sonpanale en gas afkomstig en daar is nie kragproppe nie. Die kamp het 'n verhewe uitkykplatform en 'n privaat sirkelroete.
Die kamp is nie omhein nie en 'n Toerisme-assistent is ten alle tye aan diens.
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
LekkeSlaap
Internal ...
Eiendomme 100+
Resensies 1921
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Off the R360, Kgalagadi Transfrontier Park, Upington, 8801, Noord-Kaap
- Kapasiteit: 8 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Off the R360, Kgalagadi Transfrontier Park, Upington, 8801, Noord-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang