Successfully reported
+154

SANParks Mountain Zebra National Park

  • Kapasiteit: 282 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Off the R61, Mountain Zebra National Park, 5880, Oos-Kaap
  • Vanaf R404 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

SANParks Mountain Zebra National Park spog met vars lug, uitstekende natuurskoon, 'n rustige atmosfeer en oorgenoeg wild om gaste 'n spesiale en persoonlike Afrika-wilderniservaring te bied.

Dié nasionale park is naby Nxuba (Cradock) in die malaria-vrye Oos-Kaap geleë en is oorspronklik in 1937 geproklameer om die Kaapse bergkwagga van uitsterwing te red. Nou, met meer as 28 000 ha, spog die park met 'n bewaringsuksesstorie en beskerm meer as 600 sebras, sowel as ander wild, soos die bedreigde swartrenoster en jagluiperd.

Die gerieflike eenhede in die park is almal vir selfsorg toegerus en beskik oor beddegoed, handdoeke, kookgerei, eetgerei en braaigeriewe. Die eenhede word daagliks skoongemaak. Daar is ook kampeer- en karavaanstaanplekke met kragpunte op die gras. Gemeenskaplike kombuis- en ablusiegeriewe word voorsien.

'n Swembad, 'n winkel met aandenkings en basiese produkte, 'n ten volle gelisensieerde a la carte-restaurant en 'n vulstasie is by die ruskamp beskikbaar. Die park bied ook 2 piekniekareas, Fonteinkloof en Weltevrede, met braaigeriewe, piekniektafels en ablusiegeriewe. Daar is 'n swembad vir dagbesoekers by Fonteinklook-piekniekarea.

Die park spog met wild, soos buffels, elande, koedoes, swartwildebeeste, rooihartbeeste, blesbokke en gemsbokke, en rooiribbokke en vaalribbokke kan hoër op in die berge gevind word. Die park is gewild vir wild soos, die aardwolf, bakoorjakkals en rooikat. Meer as 200 voëlspesies word hiér raakgesien, insluitend die swart- en Breëkoparend, volstruis, sekretarisvoël, bloukraanvoël, Ludwigse pou, Rooibekrenostervoël en Grasveldlangbeklewerik.

Die park het 'n verskeie voëlspesies en in die lente word die grasvelde met 'n blommekombers bedek. Die somers is warm en die swembad dien as 'n heerlike oase vir gaste om in af te koel. Winteraande is koel en perfek vir aande voor die knus kaggelvuur in die kothuis. Sneeu wat hoog in die berge gedurende die wintermaande val, verander die park in 'n winter-sprokiesverhaal.

Dít is wat jy hier sal kry

Swembad

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 44 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.6
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Willem G
Gesin met klein kinders
5.0
Goeie waarde. Beslis, sal park aanbeveel.
Okt 2025
Johanna S
5.0
Goed, net min diere gesien. Diens voortreflik, ligging goed, uitsig baie goed, maar diere het selfs al die paaie gebruik tot bo-op die berge. Sommige ...
Sien meer
Sep 2025
Irma L
Saam met lewensmaat
5.0
Sal beslis vir ander aanbeveel. Heerlike, luukse verblyf. Stil, mooi en rustig.
Aug 2025
Louella W
Gesin met tieners
5.0
Amazing. Pleasant stay, friendly staff, amazing food from the restaurant.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2025
Alicia T
Saam met lewensmaat
5.0
Ongelooflike verrassende ervaring. Personeel by hierdie park is besonder aangenaam. Die park is ongelooflik mooi en daar is baie diere te sien. Etes b...
Sien meer
Jul 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.4/5

LekkeSlaap
Internal ...

Eiendomme 100+

Resensies 1921

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Off the R61, Mountain Zebra National Park, 5880, Oos-Kaap
  • Gaste dink SANParks Mountain Zebra National Park het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 404
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 404
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 404
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 282 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Off the R61, Mountain Zebra National Park, 5880, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAohzAnt3nWO0jpZmaax9iFehAEkxnAlXJ8gIRqLrB8qdmB8KmNQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R404 per nag, vir 2 mense 44 5 1 5 Off the R61 Mountain Zebra National Park 5880 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -32.223795051932 25.479456429569
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang