Santorini 202 B
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: 99 Marine Drive, Unit 202 B Santorini, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 200 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Santorini 202 B is 'n lieflike selfsorgvakansiewoonstel in 'n kompleks in Margate en is ideaal vir gaste wat verblyf naby die strand en winkels soek.
Dié eenheid op die eerste verdieping bied slaapplek aan tot 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers met lugversorging en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede en derde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Die gedeelde badkamer het 'n stort-oor-bad, wasbak en 'n toilet. Linne word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie bad- en strandhanddoeke saambring.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, kisvrieskas, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n toonbank met stoele toegerus. 'n Wasmasjien en tuimeldroër is beskikbaar. Die leefarea het 'n etenstafel, gemaklike sitplek, 'n TV met DStv en lugversorging.
Gaste het toegang tot 'n groot onderdakbalkon met 'n etenstafel, see-uitsig, 'n gemeenskaplike swembad en braaigeriewe. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Hierdie verblyf is naby verskeie plaaslike winkels en restaurante en is sowat 220 m vanaf Margate se hoofstrand.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Mandy Geverifieer
Eiendomme 69
Resensies 380
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- 99 Marine Drive, Unit 202 B Santorini, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: 99 Marine Drive, Unit 202 B Santorini, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang