Santorini Kallisti 8
Bly 6 nagte en betaal slegs vir 5. Geldig vir verblyf vanaf 3 Feb 2025 tot 30 Nov 2025.
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 101 Ocean Drive, Chakas Rock, Dolphin Coast, 4399, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R1 200R1 000 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Santorini Kallisti 8 is 'n bekoorlike selfsorgwoonstel met 'n Grieks-geïnspireerde ontwerp. Dit is in 'n kuswoud geleë en bied 'n pragtige agtergrond teen die Indiese Oseaan in Ballito, KwaZulu-Natal. Hierdie kompleks is die ideale bestemming vir gesinne met kinders wat die perfekte strandwegbreek soek.
Dié eerste verdieping woonstel word via trappe bereik en bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en gaste gebruik 'n badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, basiese eetgerei en breekware, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n tuimeldroër toegerus, en daar is 'n toonbank met stoele. Die kombuis lei na die sitarea met gemaklike sitplek en 'n slim-TV. Gaste kan hul eie stroomdienste met hul eie intekenbesonderhede gebruik. Gratis WiFi is beskikbaar. Let dat 'n kluis nie beskikbaar is nie.
Gaste kan 6 gemeenskaplike swembaddens, 'n walviskykdek, klimraam, natuurwandelings en direkte toegang tot die 2 aparte strande, wat toeganklik is via trappe wat na onder lei, geniet.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Sam Geverifieer
Eiendomme 44
Resensies 105
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- 101 Ocean Drive, Chakas Rock, Dolphin Coast, 4399, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Santorini Kallisti 8 het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 101 Ocean Drive, Chakas Rock, Dolphin Coast, 4399, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang