Santos 27 Apartment
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Munro Drive, Unit 27 Santos, Mossel Bay, 6500, Wes-Kaap
- Vanaf R1 550 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Santos 27 Apartment is 'n selfsorg-strandwoonstel met 'n ononderbroke uitsig oor die see, op die eerste verdieping van die Santos-kompleks in Mosselbaai. Santos is teen die strand wat 'n Blouvlagstatus het en is stapafstand van verskeie winkels en 2 restaurante af. Mosselbaai is op die Tuinroete waar inheemse woude en flora in oorvloed voorkom. Dit is ook bekend vir sy Mediterreense klimaat met gematigde winterdae.
Die woonstel is geskik vir 4 gaste en het 2 slaapkamers, 'n badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n bad, stort, toilet en wasbak. Alle linne, swem- en badhanddoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n groot yskas-vrieskas, stoof, oond en suigwaaier, mikrogolf, ketel, broodrooster, eetgerei, breekware en kookgerei toegerus. Die sitarea het lugversorging en 'n platskerm-TV wat aan 'n Android TV-boks gekoppel is, wat aan WiFi gekoppel is. WiFi is nie in die tariewe ingesluit nie. 'n Skoonmaakdiens is op versoek beskikbaar. Die sitarea lei na 'n balkon wat stoele, 'n tafel, sambreel en ketelbraai het.
Die Santos-gebou het veilige toegang en 'n hyser. Daar is aangewese parkeerplek.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
David Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 22
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Munro Drive, Unit 27 Santos, Mossel Bay, 6500, Wes-Kaap
- Gaste dink Santos 27 Apartment het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Munro Drive, Unit 27 Santos, Mossel Bay, 6500, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang