Sea Cottage 49
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Beach East Boulevard, Sea Cottage No. 49, Mossel Bay, 6506, Wes-Kaap
- Vanaf R1 950 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Sea Cottage 49 is in Mosselbaai en bied kwaliteit verblyf aan ’n familie of groep vriende. Dit gee maklike toegang tot verskeie winkels, restaurante, die strand, doendinge en besienswaardighede.
Die kothuis bied verblyf vir tot 7 (6 volwassenes en 1 kind) gaste en beskik oor 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het ’n koningingrootte-bed en ’n en suite-badkamer met ’n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het ’n dubbelbed en die derde slaapkamer het ’n koningingrootte-bed, enkelbed en privaat toilet. Die tweede badkamer beskik oor ’n stort-oor-bad, toilet en wasbak.
Die kombuis is toegerus met ’n gasstoof, elektriese oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Daar is ook ’n skottelgoedwasser en aparte waskamer met ’n wasmasjien en tuimeldroër.
Die leefarea het gerieflike banke, sowel as ’n TV. Dit lei na ’n beskutte stoep met ’n etenstafel waar gaste saam hulle etes kan geniet.
Daar is braaigeriewe. Die kompleks het ook ’n swembad en klimraam vir kinders.
Daar is parkeerplek vir 1 voertuig per eenheid en veilige parkering buite die kompleks is beskikbaar indien benodig word.
GEEN TROETELDIERE
GEEN MATRIEK VAKANSIEGANGERS WORD GEAKKOMMODEER NIE. JAMMER
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Stefan Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 42
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Beach East Boulevard, Sea Cottage No. 49, Mossel Bay, 6506, Wes-Kaap
- Gaste dink Sea Cottage 49 het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Beach East Boulevard, Sea Cottage No. 49, Mossel Bay, 6506, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang