Sea La Vie
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 19 Mark Street, De Kelders, 7220, Wes-Kaap
- Vanaf R1 500 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Sea La Vie bied puik selfsorgvakansieverblyf op die boonste verdieping van 'n huis in De Kelders. Geleë net buite Gansbaai, in De Kelders, kan dit 'n goeie opsie wees vir 'n gesinswegbreek.
Dié huis bied gerieflike slaapplek aan 6 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Daar is 2 slaapkamers wat elk met 'n dubbelbed ingerig is, terwyl die derde slaapkamer 'n koningingrootte-bed het. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n dubbelstort en hoekbad. Die ander badkamer het 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.
Die ruim oopplan-leefarea beskik oor 'n stylvolle kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. Vanuit die kombuis lei 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek vir almal om hul etes saam te geniet. Langs hierdie eetarea is 'n sitkamer met 'n knus kaggel. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar. Die huis het ook sonpanele wat tydens beurtkrag inskop.
Boonop is daar 'n tweede sitkamer met 'n TV en 'n binnebraai wat uitloop op 'n balkon wat wonderlike uitsigte bied en 'n wonderlike plek is vir 'n oggendkoffie. Buite is daar 'n sonnige patio op die grondvloer met 'n piekniektafel en 'n ingeboude braai. Gaste kry parkeerplekke voor die motorhuise.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Sanmarie Geverifieer
Eiendomme 30
Resensies 123
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- 19 Mark Street, De Kelders, 7220, Wes-Kaap
- Gaste dink Sea La Vie het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 19 Mark Street, De Kelders, 7220, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang