Sea la Vie Selfsorgeenheid B
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 92 Miller Street, Gordons Bay, 7140, Wes-Kaap
- Vanaf R1 480 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Sea la Vie Selfsorgeenheid is 'n oopplan-selfsorgwoonstel op die eienaar se erf en dit is lekker naby die rustige Old Village van Gordonsbaai. Die woonstel is 200 m van die strand af en ideaal vir paartjies of vriende wat op soek is na 'n ontspannende wegbreek.
Die woonstel bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 'n slaapkamer en 'n badkamer. Die slaapkamer het 'n dubbelbed, 'n rusbank en 'n TV. Die en suite-badkamer word met 'n trap bereik en het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.
Die leefarea lei na 'n kombuisie en 'n sitarea. Die kombuisie is met 'n tweeplaatstoof, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, ketel, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n toonbank met 2 stoeltjies.
Gordonsbaai bied aktiwiteite soos visvang, boottoere en voetslaan in die pragtige Helderberg Natuurreservaat. Gordonsbaai is 30 km vanaf Stellenbosch en 40 km vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Catherine Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 7
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- 92 Miller Street, Gordons Bay, 7140, Wes-Kaap
- Gaste dink Sea la Vie Selfsorgeenheid B het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 volwassenes
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 92 Miller Street, Gordons Bay, 7140, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang