Sea Studio
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 302 Old Seaview Road, Chelsea, Gqeberha (Port Elizabeth), 6011, Oos-Kaap
- Vanaf R1 300 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Sea Studio is 'n ruim seefront-woonstel op die boonste verdieping, met 'n skouspelagtige uitsig oor die see en die platteland. Kom ontsnap uit die stad, asem vars plattelandse lug in, ruik die see, luister na die natuur en voel die briesie op jou vel.
Die ruim slaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat op versoek in 2 enkelbeddens omskep kan word. Dit moet ten minste 2 dae voor aankoms so versoek word. Daar is ook oorgenoeg ingeboude kaste. Die slaapkamer het 'n 43" platskerm-TV met Netflix, YouTube en OpenView.
Die oopplan-kombuisie is met 'n yskas, mikrogolfoond, broodrooster, ketel, drupkoffiemasjien, dompelkoffiepot, breekware, eetgerei en toebehore toegerus, en daar is sitplek by die toonbank met 'n uitsig. Baie boeke word voorsien vir gaste wat lekker lees.
Die en suite-badkamer het 'n stort, bad, wasbak en toilet. Daar is ook 'n ekstra aparte toilet.
Beide die slaapkamer, kombuisie en die leefarea se deure lei na 'n privaat balkon met asemrowende uitsigte oor die see en die omgewing. Die woonstel bied ook komplimentêre WiFi.
'n Strykyster en -plank kan op versoek voorsien word.
Daar is ook ander eenhede op die perseel wat op hierdie platform gelys is. Moonlight Studio bied slaapplek aan 4 gaste, Stargazer Cottage bied slaapplek aan 4 gaste en Barefoot Cottage bied slaapplek aan 2 gaste.
Aktiwiteite in die area sluit swem, fietsry, voëlkyk, perdry, bergfietsry, visvang, voetslaan en wildritte in. Die Kragga Kamma Wildpark is net 6 km ver, Sardinia Bay-strand is 5 km ver en Kinibaai se strand is 6 km ver.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Karen Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 31
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- 302 Old Seaview Road, Chelsea, Gqeberha (Port Elizabeth), 6011, Oos-Kaap
- Gaste dink Sea Studio het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 volwassenes
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 302 Old Seaview Road, Chelsea, Gqeberha (Port Elizabeth), 6011, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang