Sea the View
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hannes Pienaar Street, Bentenhof 6, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
- Vanaf R2 650 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Sea the View is 'n pragtige dubbelverdieping-selfsorghuis geleë in 'n stil area in Hartenbos met lieflike see-uitsigte wat dit 'n ideale ligging maak vir 'n gesinsvakansie of vir 'n groep vriende. Die ligging van hierdie huis is net 300 m van die strand af en is naby winkels, restaurante en plaaslike doendinge.
Die huis het slaapplek vir tot 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, wasbak en toilet. Die ander 2 slaapkamers is op die boonste verdieping geleë en deel 'n badkamer met 'n bad en 'n stort. Daar is 'n koningingrootte-bed in die 1 kamer en 2 enkelbeddens in die ander kamer. Hierdie 2 kamers deel ook 'n balkon met buitesitplek vir gaste om hul oggendkoffie te geniet.
Die ruim kombuis is volledig toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, vrystaande vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. 'n Skottelgoedwasser en 'n wasmasjien is beskikbaar.
Van die kombuis af lei 'n eetarea met genoeg sitplek vir almal asook 'n sitarea met gemaklike rusbanke en 'n TV met sekere DStv-kanale. Die leefarea maak oop na 'n onderdakstoep met nog 'n etenstafel en 'n ingeboude braai.
Geen WiFi is beskikbaar nie. Ongelukkig nie troeteldiervriendelik nie.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Cari Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 8
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Hannes Pienaar Street, Bentenhof 6, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
- Gaste dink Sea the View het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hannes Pienaar Street, Bentenhof 6, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang