Sea the View
Kry 10% af op alle besprekings wat 1 dag of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hannes Pienaar Street, Bentenhof 6, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
-
Vanaf
R2 650R2 385 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Sea the View is 'n mooi dubbelverdieping-selfsorghuis in 'n stil deel van Hartenbos met 'n mooi see-uitsig. Dit is die ideale plek vir 'n gesin of groep vriende. Die huis is 300 m van die strand af en is ook naby winkels, restaurante en plaaslike aktiwiteite.
Dié huis is geskik vir 6 gaste en het 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en wasbak. Die ander 2 slaapkamers is op die boonste verdieping en deel 'n badkamer wat 'n bad en stort het. Daar is 'n koningingrootte-bed in die een slaapkamer en 2 enkelbeddens in die ander. Dié 2 slaapkamers deel ook 'n balkon met sitplek.
Die ruim kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, 'n vrystaande vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en wasmasjien.
Daar is 'n eetarea met genoeg sitplek vir almal en die sitarea het gemaklike banke en 'n TV met sekere DStv-kanale. Die leefarea lei na 'n onderdakstoep met nog 'n etenstafel en 'n ingeboude braai.
Daar is geen WiFi beskikbaar nie.
Ongelukkig nie troeteldiervriendelik nie.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Cari Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 8
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Hannes Pienaar Street, Bentenhof 6, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
- Gaste dink Sea the View het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hannes Pienaar Street, Bentenhof 6, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang