Sea View Apartment
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lady Bea Crescent, Brookes Hill Suites, Summerstrand, Gqeberha (Port Elizabeth), 6001, Oos-Kaap
- Vanaf R1 350 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Sea View Apartment bied gehalteverblyf met asemrowende see-uitsigte. Dit is gerieflik geleë by Brookes Hill Suites, 'n veilige kompleks aan die strandfront van Gqeberha (Port Elizabeth). Daar is ook 'n verskeidenheid restaurante en winkelsentrums naby.
Dié oopplan-woonstel het slaapplek vir tot 2 gaste en is ingerig met 'n superkoninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die kombuisie is toegerus met 'n yskassie, mikrogolf, broodrooster, basiese eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe.
Daar is ook 'n rusbank en 'n stoel, sowel as 'n platskerm-TV. Die stapeldeure maak oop na 'n balkon wat buitemeubels het waar gaste die asemrowende see-uitsigte kan geniet. Gaste het toegang tot die gemeenskaplike swembad en braai-area binne die kompleks. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Kamer-opset
Leefarea
1 x Koninggrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Mariliesh Geverifieer
Eiendomme 45
Resensies 267
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Lady Bea Crescent, Brookes Hill Suites, Summerstrand, Gqeberha (Port Elizabeth), 6001, Oos-Kaap
- Gaste dink Sea View Apartment het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lady Bea Crescent, Brookes Hill Suites, Summerstrand, Gqeberha (Port Elizabeth), 6001, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang