Sea Views Beach Cottage
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 65 Taluga Drive, St Helena Views 2, St Helena Bay, 7390, Wes-Kaap
- Vanaf R1 400 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Sea Views Beach Cottage is op een van St. Helenabaai se klipperige strande op die The Views 2 Security Estate geleë en spog met 'n asemrowende see-uitsig wat dit 'n ideale plek vir 'n romantiese wegbreek maak. Die vakansiekothuis is op die eienaar se erf geleë en bied rustige verblyf waar gaste die skoonheid van die see vanaf die voorstoep kan bewonder.
Die ruim kothuis bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 'n oopplan-uitleg en 'n badkamer met 'n stort, wasbak, toilet, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die slaaparea het 'n koningingrootte-bed en genoeg ruimte vir bagasie. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.
Die helder en lugtige oopplan-leefarea sluit 'n kombuisie in wat met 'n induksieplaat, mikrogolfoond, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe,en alle nodige eetgerei en breekware toegerus is. Daar is ook 'n ingeboude braai, 'n etenstafel en 'n sitarea met 'n gemaklike rusbank en 'n TV teen die muur. Gratis WiFi is ook beskikbaar.
Buite is daar 'n sitarea met 'n pragtige uitsig oor die tuin en see. Veilige parkeerplek word voorsien. Alhoewel die kothuis op die eienaar se perseel geleë is, word privaatheid verseker.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Annemarie Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 3
Op LekkeSlaap 11 maande
Ligging
- 65 Taluga Drive, St Helena Views 2, St Helena Bay, 7390, Wes-Kaap
- Gaste dink Sea Views Beach Cottage het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 2 volwassenes
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 65 Taluga Drive, St Helena Views 2, St Helena Bay, 7390, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang