Seacliff Apartment 2
- Kapasiteit: 4 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 6 Seacliff Road, Seacliff Apartment 2, Bantry Bay, 8005, Wes-Kaap
- Vanaf R4 800 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Seacliff Apartment 2 bied gerieflike selfsorgverblyf in ’n tweeslaapkamerwoonstel in Bantrybaai. Die woonstel is in ’n geskiedkundige gebou met ’n uitsig oor die see en die omliggende area. Die eenheid is naby die strande, Seepunt se promenade en verskeie kafees en restaurante.
Die woonstel beskik oor 2 en suite-slaapkamers en ’n oopplan-kombuis, -sitarea en -eetarea. Die eerste slaapkamer het ’n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het ’n koningingrootte-bed. Daar is bad- en stortgeriewe.
Die oopplan-kombuis is met ’n yskas, oond, stoof en ’n mikrogolf toegerus. Daar is ook ’n wasmasjien-tuimeldroër en ’n Nespresso-koffiemasjien met ’n paar gratis koffie-kapsules. Die sitarea het ’n TV met sekere DStv-kanale en Netflix en daar is gratis WiFi. Die woonstel het lugversorging en ’n kluis. Linne en badhanddoeke word voorsien. Die gebou het 24 uur-sekuriteit en veilige parkeerplek op die perseel.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Barbara-Ann Geverifieer
Eiendomme 30
Resensies 49
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- 6 Seacliff Road, Seacliff Apartment 2, Bantry Bay, 8005, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 6 Seacliff Road, Seacliff Apartment 2, Bantry Bay, 8005, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang