Seaclusion
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 27 Beyers Street, Onrus, 7201, Wes-Kaap
- Vanaf R4 500 per nag, vir 10 mense
Beskrywing
Seaclusion bied 'n vakansiewegbreek in die kusdorpie, Onrus, en is ideaal vir groot gesinne of 'n groep vriende.
Die pragtige dubbelverdiepinghuis is geskik vir 10 gaste en beskik oor 4 slaapkamers wat elk uniek versier is. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Onder is die tweede en derde slaapkamer wat ook elk 'n koningingrootte-bed het en gaste in hierdie slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die vierde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, asook 2 enkelbeddens en sy en suite-badkamer het 'n stort, bad, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die oopplan-leefarea en -kombuis is op die boonste verdieping. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n sentrale toonbank met stoele waar gaste hul maaltye kan geniet. Die leefarea het gemaklike rusbanke, 'n TV met toegang tot Netflix, 'n kaggel en 'n etenstafel met stoele. Gratis WiFi is beskikbaar. Die huis het nog 'n aparte kombuisie onder wat met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond en klein toonbank toegerus is.
Verder spog die huis met 'n groot dek wat 'n pragtige see- en berguitsig, stoepmeubels en braaigeriewe het.
Die huis is stapafstand vanaf rotspoele en die strand en is net 'n kort entjie se ry vanaf Hermanus waar daar verskeie wynroetes en markies is. Gaste kan ook op die strand gaan stap, voetslaan in die omgewing of in die see swem.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Glenda Geverifieer
Eiendomme 19
Resensies 6
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- 27 Beyers Street, Onrus, 7201, Wes-Kaap
- Gaste dink Seaclusion het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 27 Beyers Street, Onrus, 7201, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang