Successfully reported
+28

Seacrest Cottage

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 28 George Avenue, Leisure Island, Knysna, 6571, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 520 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Seacrest Cottage is 'n pragtige gastehuis op Leisure Isle op die Knysna Strandmeer wat deur die Knysna Koppe vloei. Die eenheid is volledig toegerus, het 'n volledige sonkragstelsel en batterye en bied gerieflike, ontspannende verblyf.

Dié kothuis beskik oor 2 slaapkamers en bied slaapplek aan 4 gaste. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste in hierdie slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Ander geriewe sluit 'n sitarea, kombuis, eetarea, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n TV met DStv en WiFi in. Die kombuis is met 'n gasoond, yskas-vrieskas, tuimeldroër, skottelgoedwasser, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n mikrogolf toegerus.

Die kothuis het 'n alarm en veilige parkeerplek vir 1 voertuig, alhoewel meer voertuie gemaklik buite voor die motorhuis of aangewese parkeerplek kan staan.

Dié kothuis is ideaal vir 'n vakansie aangesien dit naby die wit strande is. Gaste kan gaan stap, fietsry of skemerkelkies by Bollards Bay-strand geniet. Die kothuis het 2 enkel-kajaks, 1 dubbel-kajak, 2 staanroeiborde, 'n branderplank en 2 fietse waarvan gaste gerus gebruik kan maak. Dié ligging bied verskeie besienswaardighede soos woude, strande, watersports, gholfbane, bekroonde restaurante, winkelsentrums, die Knysna Waterfront en Hawe, wildparke en buitemuurse doendinge, om net 'n paar te noem.

Leisure Island is die juweel van Knysna met die enigste strand op die strandmeer. Dis sentraal geleë naby die Knysna Koppe, Coney Glen-strand, Knysna-woude, kampioenskap-gholfbane, blouvlagstrand en winkelsentrums. Buffelsbaai, Plettenbergbaai en Sedgefield is ook naby die verblyf.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 7 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Bobbie Geverifieer

Eiendomme 26

Resensies 76

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • 28 George Avenue, Leisure Island, Knysna, 6571, Wes-Kaap
  • Gaste dink Seacrest Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 520
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 520
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R 1 520
per nag (plek vir 4)
Bespreek
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 28 George Avenue, Leisure Island, Knysna, 6571, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAA0BR5AljZkq7KGKf7F9VZYvTld01jtt1tlAOV4gohtxlfV13Bx?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 520 per nag (plek vir 4) 7 5 1 5 28 George Avenue Leisure Island 6571 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.0702124 23.0621029
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang