Seascape 85
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 1 Gustrouw Road, 85 Seascape Mews, Gordons Bay, 7140, Wes-Kaap
- Vanaf R1 200 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Seascape 85 is 'n bekoorlike selfsorgwoonstel in Gordonsbaai, net 2.2 km van die strand af en naby verskeie winkels en restaurante. Die vinnige toegang tot die N2 maak dit maklik om verskeie plekke in die Kaap te besoek.
Hierdie woonstel met 2 slaapkamers bied gemaklik slaapplek vir 4 gaste en bestaan uit 'n oopplan-kombuis, -eetkamer en -sitkamer. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed, terwyl die tweede slaapkamer 2 enkelbeddens het. Hulle deel die gebruik van 'n badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe, en beskik oor 'n skottelgoedwasser vir gaste se gerief. Daar is ook 'n ontbythoekie met stoele waar gaste hul maaltye kan geniet. Die kombuis maak oop na die sitkamer, ingerig met gemaklike rusbanke en 'n TV. Gratis WiFi is beskikbaar.
Dit lei na 'n klein balkon met patiomeubels en spog met 'n uitsig oor die Hottentots-Hollandberge, asook 'n verafgeleë uitsig oor die see vanaf die balkon. Dit dien as die perfekte plek om 'n heerlike oggendkoppie koffie te geniet. Gaste het veilige parkering op die perseel.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Lizaan Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 4
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- 1 Gustrouw Road, 85 Seascape Mews, Gordons Bay, 7140, Wes-Kaap
- Gaste dink Seascape 85 het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 1 Gustrouw Road, 85 Seascape Mews, Gordons Bay, 7140, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang