Successfully reported
+32

Seaspray Cabins

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 27 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 1B Elizabeth Avenue, Illovo Beach, 4155, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R500 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Seaspray Cabins bied gerieflike verblyf in selfsorghouthuisies in Illovo Beach sowat 13 km vanaf Amanzimtoti en 36 km vanaf Durban.

Daar is 4 enkelhouthuisies wat elk 1 slaapkamer met 'n dubbelbed het. Twee van die houthuisies het elk 'n slaapbank in die sitkamer en is ideaal vir 'n paartjie met 1 of 2 klein kinders. Daar is ook 2 houthuisies met 2 slaapkamers waarvan 1 kamer 'n dubbelbed en die ander kamer 2 enkelbeddens het. Daar is ook addisionele beddens of slaapbanke in die sitkamer, so daar is slaapplek vir 5 volwassenes. Daar is 'n kothuis met 'n gesinskamer wat 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens het wat met 'n gipsmuur van mekaar geskei word. Die eenheid bied slaapplek vir 4 volwassenes. Elke houthuisie en die kothuis het 1 badkamer met 'n stort en 'n volledig toegeruste kombuis met 'n yskas, mikrogolf en gaskooktoestel. Linne word voorsien, maar gaste moet hul eie handdoeke saambring. Elke houthuisie het Openview TV en bied toegang tot sy eie braai-area.

Geriewe sluit 'n gemeenskaplike swembad, lapa en dek in. Die perseel is omring deur 'n muur en elektriese heining en daar is veilige parkeerplek in die skaduwee. Dit is gerieflik naby die strand en 'n voetgangersbrug oor die treinspoor geleë. Kingsburgh Centre is sowat 4 km daarvandaan en daar is 'n kafee, winkeltjie en vulstasie net in die straat af. Die Illovo-kwekery het 'n restaurant en is stapafstand van Seaspray Cabins af.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 176 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.4
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Peter L
Saam met lewensmaat
5.0
Regtig baie lekker. Beste waarde vir geld. Barbara het ons baie vriendelik ontvang. Ons het baie lekker gebly.
Sep 2025
Janita O
Gesin met klein kinders
5.0
Was really a nice place. Travelled with a big dog. Had no problems because they gave us a place with fences.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2025
Anisha F
Saam met lewensmaat
5.0
It was very much what we expected. It was perfect; we will definitely be back.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2025
Hanlie D
5.0
Was 'n wonderlike verblyf en ondervinding. Was 'n goed toegeruste en baie veilige verblyf.
Apr 2025
Carl B
5.0
Peace. Very peaceful and if you want to rest, this is the place to come to, very conveniently placed as well. The ocean is out the back...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Barbara Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 176

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 1B Elizabeth Avenue, Illovo Beach, 4155, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Seaspray Cabins het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 500
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 500
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 500
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 27 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 1B Elizabeth Avenue, Illovo Beach, 4155, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDY1ZTZkNDI4LTZiNzMtNDE0Mi05Y2IxLTc2Zjc5YzM4ZDkxNg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R500 per nag (plek vir 2) 176 5 1 5 1B Elizabeth Avenue Illovo Beach 4155 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.116686 30.849844

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang