Secrets 3 at Waterkant 7
-
Kapasiteit: 4 persone
2 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 7 Waterkant Street, Jeffreys Bay, 6330, Oos-Kaap
- Vanaf R1 070 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Secrets 3 by Waterkant 7 is 'n stylvolle selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in die bedrywige dorpie Jeffreysbaai. Dit is die perfekte keuse vir 'n paartjie of klein gesin wat op soek is na gerieflike verblyf.
Dié elegante woonstel het slaapplek vir 2 volwassenes en 2 kinders. Dit beskik oor 'n slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en daar is ook 'n aparte gemeenskaplike area met 'n stapelbed vir kinders. Die gedeelde badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Skoon wit linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n stylvolle kombuis wat met 'n gasstoof, lugbraaier, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n sentrale toonbank met 4 stoele toegerus is. Daar is ook 'n wasmasjien en skottelgoedwasser. Langs die kombuis is 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n slim-TV met Netflix. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die skuifdeure lei na 'n stoep met 'n ingeboude braai wat die ideale plek bied om die see-uitsig te geniet. Die verblyf is stapafstand vanaf wandelpaaie, fietsrypaadjies, bedrywige kafees en 'n wye verskeidenheid plaaslike eetplekke. Veilige parkeerplek agter 'n afstandbeheerde hek is ook beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Leefarea
1 x Kinderstapelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Ida Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 3
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- 7 Waterkant Street, Jeffreys Bay, 6330, Oos-Kaap
- Gaste dink Secrets 3 at Waterkant 7 het ’n uitstekende ligging
-
Kapasiteit: 4 persone
2 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 7 Waterkant Street, Jeffreys Bay, 6330, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang