Successfully reported
+48

Serendipity

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 16:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Magazyn Street, Polokwane, 0700, Limpopo
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Serendipity bied verblyf in Polokwane en is ideaal vir 'n sakereisiger. Besienswaardighede in dié stad in Limpopo sluit winkelsentrums, Maropa Casino and Entertainment World, die Polokwane Wildreservaat, museums, gholfbane en plaasmarkte in.

Verblyf is beskikbaar in 4 eenhede: Lagom, Querencia en Serenity kan elk 2 gaste huisves (1 bed elk). The Shack is 'n kamer vir 1 gas.

Serenity het 'n koningingrootte-bed, laaigeriewe vir selfoon op bedkassies asook 'n en suite-badkamer met 'n groot stort, wasbak en toilet. Die kamer het 'n hangkas, 'n tafel en 'n lessenaar. Daar is ook 'n yskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware.

Lagom en Querencia het elk 'n dubbelbed en die bedkassies het laaigeriewe vir selfone. Die badkamer het groot stort, wasbak en toilet. Daar is 'n lessenaar vir sakereisigers.

Long Stay is 'n tweeslaapkamerwoonstel met 'n koninggrootte-bed in die hoofslaapkamer en 'n driekwartbed in die tweede slaapkamer. Die badkamer is en suite tot die hoofslaapkamer en het 'n stort, bad en wasbak. Hierdie badkamer word deur albei kamers gebruik. Kamergeriewe sluit 'n lessenaar vir 'n skootrekenaar in die hoofslaapkamer in. Die kombuisie het 2 induksiestoofplate, 2 potte, 'n pan, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n yskas. Daar is ook 'n broodrooster en basiese bestanddele om 'n ete te begin.

The Shack is 'n enkel kamer met 'n driekwartbed, oopplan met badkamer en koffie tafeltjie. Klein lessenaar om by te werk.

Die perseel is veilig en gratis parkeerplek is agter 'n elektriese hek beskikbaar. Let asb. dat die eienaar 2 goed gemanierde poodles het wat op die perseel woon.

Polokwane bied 'n oorvloed avontuur-aktiwiteite, diereparke, sport-venues en historiese besienswaardighede. Die verblyf is baie sentraal naby skole, hospitale en winkels geleë.

Die eienaars is op die perseel woonagtig en beskikbaar vir enige navrae.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 87 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.9
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Daan S
5.0
Goeie waarde vir geld. Sien sterre.
Okt 2025
Jaco D
Besigheidsreis
5.0
Skoon, vriendelik, lekker. Ek het baie lekker gebly. Die eienaars is baie vriendelik en laat 'n mens dadelik tuis voel.
Okt 2025
Dorothy R
Saam met lewensmaat
5.0
Gemaklike verblyf vir 'n vinnige oorbly. Heerlike plekke met alles wat jy nodig het vir 'n aand se oorbly. Sal definitief dit aanbeveel en weer gebrui...
Sien meer
Okt 2025
Matimu M
5.0
Great. I really enjoyed my stay.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2025
Anlie E
5.0
’n Heerlike toevlug, gevul met warmte en gasvryheid. ’n Heerlike toevlug, gevul met warmte en gasvryheid. Gasheer en gasvrou se vriendelikheid laat my...
Sien meer
Aug 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Annelie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 87

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Magazyn Street, Polokwane, 0700, Limpopo
  • Gaste dink Serendipity het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 850
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 850
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 850
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 16:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Magazyn Street, Polokwane, 0700, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdc3b4252e5abe406c3f8f7592943274208a90b186d3cad381b558f9a7a0bad2a3d9f6b206b54ffa212408b2fb849e0f2fae8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag (plek vir 2) 87 5 1 5 Magazyn Street Polokwane 0700 Limpopo 021 201 8901 16:00-18:00 10:00 -23.902604365374 29.465432360783
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang